Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Rubrieke

Teen die trappe af sien hy duidelik hoe die kindervoete oor die jare heen ’n paadjie langs die handreëling afgetrap het, ’n smalle weg van die boonste vertrekke af, soms by die voordeur uit, die lewe in, vertel Dana Snyman oor sy besoek by wat eens die MTR Smit-kinderhuis was op Ugie in die Oos-Kaap. Foto’s: Dana Snyman

Dana Snyman vanaf Ugie: Die stadige proses van vredemaak

Ugie wankel tussen bid en droom, soos soveel ander dorpe in die land. Die strate en sypaadjies is redelik skoon, maar jy kan die verval nie miskyk nie. Geboue wat smag na verf. Mense wat oral sit en wag. Lees ook: Dana Snyman skryf vanuit Machadodorp: ’n Skriba se stories en die manier waarop ons land […]

Dana Snyman vanaf Ugie: Die stadige proses van vredemaak Lees verder

Dana Snyman

Nelis Janse van Rensburg skryf: Afrikaans as geloofstaal

Taal beskryf nie net die werklikheid nie. Dit skep ook werklikheid. Die tale waarin ons dink en kommunikeer, het immers elk ’n eie aard en dinamika wat sprekers daarvan bemagtig, meeneem, toelaat om te dink, verstaan en praat, skryf Nelis Janse van Rensburg. In die buiging van die woorde, in die dans van die sinne,

Nelis Janse van Rensburg skryf: Afrikaans as geloofstaal Lees verder

Gedagtes oor kerkwees

Konstruktiewe joernalistiek: Om harder te luister

Nuus is nie maar eenvoudig nuus nie. Voorblaaie en hooftrekke in nuusbulletins val nie uit die lug nie. Dit word saamgestel deur joernaliste wat werk met die soort lens waardeur nuusmedia al vir dekades gebeure bekyk. Tradisionele “nuuswaardes” is goed soos prominensie (wat maak die regeerders en diegene met mag?), konflik, presedent (waartoe lei hierdie?),

Konstruktiewe joernalistiek: Om harder te luister Lees verder

Redakteursbrief
Miskien het ek te veel romantiese idees oor die 1933-vertaling, die eerste amptelike vertaling van die Bybel in Afrikaans. ’n Ruk gelede was ek in prof JD du Toit, ofte wel Totius, se huis op Potchefstroom. Deesdae is dit ’n museum. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman: ‘Alles wat ek geestelik is, is verbind met Afrikaans – Afrikaans en die Bybel’

Dit voel of ek besig is om ’n aftreeoord vir ou Bybels tot stand te bring. Ek praat veral van die 1933-vertaling. Die ou vertaling, soos ons sê. In tweedehandse boekwinkels en by die Hospice, DBV en ander plekke waar goed vir liefdadigheid verkoop word, sien jy alte dikwels van hulle op ’n onderste rak

Dana Snyman: ‘Alles wat ek geestelik is, is verbind met Afrikaans – Afrikaans en die Bybel’ Lees verder

Dana Snyman

Christo Lombaard skryf: Oor óú dominies en quiche

“Hoeveel vir dié quiche?” vra ek oor die tuisnywerheidtoonbank heen. Soos gewoonlik sit en tik die man op sy foon; prekies oor Bybelverse wat hy vir sy kinders oorsee WhatsApp, het hy my ’n keer vertel. “Vyf-en-dertig rand”, antwoord hy. “So goedkoop?” is ek skoon verbaas. “Dan is jy jonk,” kyk hy eenoog van sy

Christo Lombaard skryf: Oor óú dominies en quiche Lees verder

Rubrieke

Cas Wepener: Om te preek – ‘No pressure’

Junie verlede jaar het ek die voorreg gehad om in die Slotkapel in Wittenberg, Duitsland te preek. Kerkhistories is dit ’n belangrike ruimte en word dit dikwels aangetoon as die plek waar die Reformasie begin het. As prediker is jy dus wel deeglik bewus van die historiese en teologiese belang van waar jy jou bevind.

Cas Wepener: Om te preek – ‘No pressure’ Lees verder

Rubrieke

Kerke praat saam oor kragkrisis: ‘Ontbondel Eskom en wees deursigtig oor Russe se rol’

Hoewel Suid-Afrika deels vordering met die breër toeganklikheid van energie gemaak het, het ons land ooglopend teruggeval met energiesekerheid. Die kerk is op morele, etiese en praktiese grondslag, diep bekommerd oor hierdie trajek, skryf Gustav Claassen.   Seker dié belangrikste raamwerk van die regering se kant om Suid-Afrika se energiekrisis aan te spreek, is pres

Kerke praat saam oor kragkrisis: ‘Ontbondel Eskom en wees deursigtig oor Russe se rol’ Lees verder

Rubrieke

Dag van Verootmoeding (13 Augustus): ‘Dit is die werk en roeping van die kerk. Sy is ’n hoopdraer!’

Selde was die Suid-Afrikaanse politieke omgewing so onseker soos in 2023. Kombinasies van politieke, ekonomiese en sosiale omstandighede maak lidmate van die NG Kerk, soos die res van hulle landgenote, uiters bekommerd oor die lang- en korttermyntoekoms van Suid-Afrika, skryf Gustav Claasen.   Faktore soos politieke onstabiliteit, geweld en onverdraagsaamheid, sosiale konflik en geweld, negatiewe

Dag van Verootmoeding (13 Augustus): ‘Dit is die werk en roeping van die kerk. Sy is ’n hoopdraer!’ Lees verder

Rubrieke

Johan van der Merwe: Is die NGK regtig gelyk aan ’n vonkprop?

Wanneer ’n mens “NGK” op Google intik, verskyn ’n baie bekende handelsnaam vonkprop op die skerm. Miskien is dit simbolies van hoe die NGK haar plek in die samelewing verloor het.  ’n Bekende teoloog sluit hierby aan wanneer hy skryf dat dit, in skerp teenstelling is met die rol wat die NGK 70 jaar gelede

Johan van der Merwe: Is die NGK regtig gelyk aan ’n vonkprop? Lees verder

Johan van der Merwe

Nadia Marais: Die geskenk van neurodiversiteit

In ’n fassinerende TED-talk argumenteer die bekende dierewetenskaplike Temple Grandin dat die wêreld alle soorte denke en ervarings benodig (“The world needs all kinds of minds,” 24 Februarie 2010). Dit sou juis haar andersoortige manier van kyk na probleme wees – in haar geval, die gedrag van diere – wat van haar ’n besonderse navorser

Nadia Marais: Die geskenk van neurodiversiteit Lees verder

Nadia Marais
Terme soos ‘Israeliete’ en ‘Israeli’s’ was vir my sinoniem en ek het nie onderskei tussen die Bybelse volk Israel en die moderne staat nie, verduidelik die skrywer oor haar eie reis met hierdie onderwerp. Foto: Jerusalem, 2019 / Le Roux Schoeman

’n Suid-Afrikaanse blik op Israel en Palestina: ’n Pleidooi vir geregtigheid 

As lidmate van die NG Kerk weet ons dat om apartheid of staatsgeweld teologies te sanksioneer ons aandadig maak aan onreg, skryf Marthie Momberg oor die stryd tussen Israel en Palestina ná twee onlangse besluite deur afgevaardigdes van die Wes-Kaapse Sinode.  Wat doen ’n mens wanneer jou huis, besittings, plase, dorpe, stede, waterbronne, banke en

’n Suid-Afrikaanse blik op Israel en Palestina: ’n Pleidooi vir geregtigheid  Lees verder

Rubrieke
Die berig wat Heléne Meissenheimer vir Kerkbode oor Little Seeds se storievertellers gaan doen het, is wel enersyds oor die vordering van een kind se leesvermoë danksy die sagte krag van stories. Maar, soos dikwels met hierdie soort beriggewing, gaan dit ook oor ’n veel breër impak. Een wat soos ’n sambreel oopslaan en ’n veel wyer skadu gooi.

Vroeëkinderontwikkeling: Die groter storie

Ons lees saam uit Hessie die gelukkige hen. Linda Hendricks skuif voor die klein groepie kinders in – storieboek in die hand – om ’n liefde vir lees aan te wakker in ’n land waarin minder as 20% van graad 4-kinders met begrip kan lees, volgens die 2021-uitslae van die Progress in International Literacy Study.

Vroeëkinderontwikkeling: Die groter storie Lees verder

Redakteursbrief

Uit Gustav se pen: ‘Oekraïne gryp ons aan die hart, maar so ook ons eie land’

Die tragiese toestand in die Oekraïne gryp ons aan die hart, maar so ook die situasie in ons eie land, skryf Gustav Claassen. Die konflik in die Oekraïne het tot ongelooflike verliese in terme van menselewens, die sosio-ekonomiese situasie, ekologie en op feitlik elke gebied noem- en onnoembaar gelei. Die konflik woed tans al vir

Uit Gustav se pen: ‘Oekraïne gryp ons aan die hart, maar so ook ons eie land’ Lees verder

Rubrieke
Agter die saal kook ’n groot, pot bredie, vertel Dana Snyman in sy jongste rubriek hieronder. By Phetile is haar man Alpheus Zulu, en vroue wat grootliks vrywillig kom kook en opskep: Willemien Nsibande, Constance Msimangu, Anventina Manjiku en Isaura Sibe. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman: In my 60ste jaar op aarde groet ek vir die eerste keer ’n evangelis met die hand

Op Beeld se brieweblad lees ek die woord raak: Evangelis. ’n Woord wat ek min hoor. Die skrywer van die brief, ene Martie van Mbombela, vertel van Phethile Zulu, ’n evangelis en ’n paar helpers wat daagliks meer as 200 kinders op Elandshoek kos gee. Elandshoek is nie ver van die bergdorp in Mpumalanga waar

Dana Snyman: In my 60ste jaar op aarde groet ek vir die eerste keer ’n evangelis met die hand Lees verder

Dana Snyman
By Yad Vashem in Israel staan ’n beeldhouwerk wat hierdie gebeure uitbeeld, vertel Cas Wepener in die rubriek hieronder. "Die kindertjies se skouers hang slap, hulle weet wat kom. Korczak se arms is om hulle. Dit is ondenkbaar slegte omstandighede. Uitsigloos en finaal. Korczak kyk reguit voor hom. Hy weet waarheen hy op pad is." Foto: Wikimedia Commons / B. Železník

Uit Cas Wepener se pen: Dr Korczak en die kinders

Wanneer ’n vriendelike gesig “Onthou jy?” vra kan dit goeie herinneringe aanwakker en jou lekker laat voel. Wanneer jou gemoed swaar is en ’n besorgde gesig sê “Ja, maar onthou” kan dit berusting bring en jou lyf laat ontspan. En wanneer jy deur geskreefde oë aangegluur word en hoor “Ek onthou vrek goed” kan dit

Uit Cas Wepener se pen: Dr Korczak en die kinders Lees verder

Rubrieke

Ondersteun kerknuus só: Word ’n Vriend van Kerkbode

In die jongste Kerkbode (deesdae ‘n maandblad in papierformaat) bied ons redaksie en ons netwerk van medewerkers ‘n oorsig van kerknuus, boeke, opinie asook ‘n sinode-oorsig en gewoon ‘n paar lekkerlees artikels. As jou gemeente nie inteken op Kerkbode nie, kan jy die e-koerant by hierdie skakel sien, of onderaan hierdie berig. Indien jy –

Ondersteun kerknuus só: Word ’n Vriend van Kerkbode Lees verder

Redakteursbrief

Nelis Janse van Rensburg: Ons sal moet deelneem aan plaaslike politieke debatte en strukture

Die kerk se profetiese stem moet nou helder en duidelik gehoor word in Suider-Afrika. Ons lande is immers in die moeilikheid, ekonomies, polities, maatskaplik en geestelik. Dit lyk of die regering sy morele kompas verloor het. Ons sal daarom ons plig versaak as ons nie nou vanuit die Woord van die Here sterk morele leiding

Nelis Janse van Rensburg: Ons sal moet deelneem aan plaaslike politieke debatte en strukture Lees verder

Nelis Janse van Rensburg

Johan van der Merwe: Pinkster 2023 | Dit is tyd vir ’n nuwe herlewing

Pinkster is tradisioneel tyd vir herlewing in die NG Kerk. Die wortels van hoe pinkster in die NG Kerk gevier word, strek immers vir meer as 100 jaar terug na 1861 toe die eerste groot herlewing in die Paarl plaasgevind het. Dit het nie gebeur omdat ’n beroemde of bekende predikant vir drie of vier

Johan van der Merwe: Pinkster 2023 | Dit is tyd vir ’n nuwe herlewing Lees verder

Johan van der Merwe
’n Mens word soms by die sinode herinner dat, indien dit dan gaan oor “speaking truth to power”, die kerk ook soms die maghebber kan wees. Die een wat uitgedaag word. Foto's: Le Roux Schoeman

Berig uit Goudini: Kan ’n sinodesitting transformerend wees?

Kerkbode doen verslag oor die jongste saamtrek van die NG Kerk in Wes-Kaapland by die Goudini Spa-konferensiesentrum en warmwaterbron naby Rawsonville.   Suid-Afrika se beweerde wapenverskaffing aan oorlogvoerende Rusland is ’n goeie voorbeeld van die tipe ding wat menige glo die NG Kerk meer uitgesproke oor moet wees. “Ons moet iets duidelik sê,” was dan

Berig uit Goudini: Kan ’n sinodesitting transformerend wees? Lees verder

@sinode Rubrieke

Cas Wepener: Skeppende soeke na taal oor God ‘sodat ons oë nuut kan kyk’

Ek werk in die Kweekskoolgebou op Stellenbosch. Dit is ’n gebou met ’n ryk geskiedenis en besondere atmosfeer. Mooi van buite en van binne. Maar vergeet ’n boek in jou kantoor en gaan haal dit daar in die aand tydens beurtkrag. Jy soek vinnig jou selfoon en skakel die flitsliggie aan. Die houtvloer en -trap

Cas Wepener: Skeppende soeke na taal oor God ‘sodat ons oë nuut kan kyk’ Lees verder

Rubrieke
Ek is hier in die Marico-Bosveld om te kom soek na spore van die Jerusalemgangers, ’n groep fanatieke Voortrekkers wat in die 1800’s hier rond gewoon het: die Riekerts, die Enslins, die Steyns, De Beers en nog ander. Hulle leier Johannes Adam Enslin het op die plaas Meseg gewoon, vertel Dana Snyman. Foto: Dana Snyman

Dana Snyman: My soeke na spore van die Jerusalemgangers

Naby Groot-Marico, so 40 km van Zeerust af, beduie ’n bord: Riekertsdam. Die familie Riekert was destyds ook Jerusalemgangers. Die pad is vol gate en slote, die veld vol sekelbos en raasblaar en kameeldoring. Ek is hier in die Marico-Bosveld om te kom soek na spore van die Jerusalemgangers, ’n groep fanatieke Voortrekkers wat in

Dana Snyman: My soeke na spore van die Jerusalemgangers Lees verder

Dana Snyman
Só stem die meerderheid van afgevaardigdes uit NG Kerk Vrystaat: Die NG Kerk Vrystaat besluit om nie kragtens Artikel 37 van die Kerkorde uit algemene sinodale verband te tree nie, maar om met die Algemene Sinode van Oktober 2023 in gesprek te tree.

NG Kerk Vrystaat: Meerderheid wil in gesprek bly met Algemene Sinode en ander streeksinodes

Hoe lyk die proses agter die Vrystaatse meerderheidsbesluit vandeesmaand om nie uit verband met die Algemene Sinode van die NG Kerk te tree nie? Indien jy tevrede is dat jy ’n reeks kernbesluite oor die implikasies van meningsverskil in die NG Kerk kon verwoord, hoe peil jy ’n groep van sowat 62 000 belydende lidmate?

NG Kerk Vrystaat: Meerderheid wil in gesprek bly met Algemene Sinode en ander streeksinodes Lees verder

Redakteursbrief
Scroll to Top