Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

J

portchie
Die Stellenbosse kunstenaar Jan Hendrik Viljoen, alombekend as Portchie, is Vrydagoggend 12 Junie oorlede. Foto: Facebook

Elders gesien | Stellenbosse kunstenaar van vrolike helder werk oorlede

Die Stellenbosse kunstenaar Jan Hendrik Viljoen, alombekend as Portchie, is Vrydagoggend 12 Junie oorlede. Hy was 62 jaar oud. Die gebore Vrystater was bekend vir sy kleurvolle en vrolike kunswerke.  Op sy Facebookblad was dieselfde dag ’n plasing wat lui: “Dis met ’n diepe hartseer dat ons die afsterwe van ons geliefde broer, mentor en […]

Elders gesien | Stellenbosse kunstenaar van vrolike helder werk oorlede Lees verder

Nuus

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 12 Junie 2026)

Hierdie kennisgewings is op 12 Junie 2026 opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za BEROEP Ds L (Leonie) Johnson van Haakdoorn as tentmaker na Waverley; ds K (Kirsten) Small van Kogelberg (Kleinmond) na Kanoneiland. AANVAAR Ds K (Kirsten) Small van Kogelberg (Kleinmond) na Kanoneiland; ds L (Lizette) Viviers van Richmond na Birchleigh. NOORD-KAAP BEVESTIGING Die Ring

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 12 Junie 2026) Lees verder

Amptelik

FEBA Radio SA: Digitale bemarker

Digitale bemarker FEBA Radio SA in Pretoria het ’n kantoorvakature vir ’n gekwalifiseerde digitale bemarker. Tegniese vaardighede Verdere ontwikkeling van digitale bemarkingsdepartement van FEBA Radio SA. Vaardighede: sosiale media- en digitale bemarking, SEO, SEM, Google-advertensies en advertensieveldtogte. Adobe suite, ens: grafiese ontwerp, uitleg van gedrukte materiaal, opname en videoredigering. Skep en redigering van kort videogrepe

FEBA Radio SA: Digitale bemarker Lees verder

Afgehandelde vakatures

Kollig-podsending | In eie woorde: Sinodegangers deel indrukke by Bothaville

Hoe het afgevaardigdes en gassprekers die NG Kerk Vrystaat se sinodesitting van 7-10 Junie beleef? Kerkbode-redakteur Le Roux Schoeman praat op die laaste dag met afgevaardigdes Daleen Deacon en Hansie van Niekerk, asook ds Ulrich Ohlhoff, dr Nina Müller van Velden en dr Marinda van Niekerk van PEN en die nuwe Respond SA. Kyk ook:

Kollig-podsending | In eie woorde: Sinodegangers deel indrukke by Bothaville Lees verder

Nuus

Elders gesien | Kerkleiers vra ‘skep ruimtes vir gesprek, gee hulp en werk verkeerde inligting oor immigrante teen’

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het op 9 Junie in ’n pastorale brief gesê die kerk kan nie stilbly terwyl mense aangeval, uit hul huise verdryf en van basiese hulp ontneem word nie.  Die brief, onderteken deur SARK-voorsitter, aartsbiskop Sithembela Sipuka, waarsku teen xenofobiese optrede. Die SARK erken terselfdertyd dat baie Suid-Afrikaners werklike frustrasies

Elders gesien | Kerkleiers vra ‘skep ruimtes vir gesprek, gee hulp en werk verkeerde inligting oor immigrante teen’ Lees verder

Nuus

NG Kerk Sinode Hoëveld: Algemene kantoorbestuurder

Algemene kantoorbestuurder Die Sinode van Hoëveld is daartoe verbind om gemeentes toe te rus om met geloof, hoop en liefde deel te neem aan God se sending in die wêreld. Ons glo dat die kerk op haar beste funksioneer wanneer gemeentes, ringe en die sinode saamwerk om geloofsgemeenskappe te ondersteun, leiers te ontwikkel en nuwe

NG Kerk Sinode Hoëveld: Algemene kantoorbestuurder Lees verder

Afgehandelde vakatures

Brief | Kerk in hof: Aktuarius se verklaring skep vrae

Dawie de Wet van Die Strand skryf: Die aktuarius van die Wes-Kaapse Sinode se amptelike verklaring (DK 05.06.2026) oor “die Coetzee saak, soos op 2 Junie 2026 in die Kaapse hooggeregshof afgehandel,” moet bevraagteken word. Hy som die uitkoms van die saak in ’n enkele sin op: “Die hof het ds Coetzee se aansoek op

Brief | Kerk in hof: Aktuarius se verklaring skep vrae Lees verder

Briewe
Van 7-10 Junie het die NG Kerk Vrystaat by Nampopark buite Bothaville sinodesitting gehou. Foto: Le Roux Schoeman

Oorsig in 90 sekondes: Kerknuushoogtepunte vanaf sinodesitting van NG Kerk Vrystaat

Van 7-10 Junie het die NG Kerk Vrystaat by Nampopark buite Bothaville sinodesitting gehou. Verteenwoordigers van die oorgrote meerderheid van die 149 gemeentes van dié streeksinode van die NG Kerk sal die geleentheid bywoon. Kerkbode bied ‘n kort oorsig uit die Vrystaat. 

Oorsig in 90 sekondes: Kerknuushoogtepunte vanaf sinodesitting van NG Kerk Vrystaat Lees verder

@sinode
Christine Grobbelaar is 'n afgevaardigde en in haar derde jaar van teologiese studies. Hier neem sy deel aan 'n bordspel wat ontwerp is om gemeentes vars te help dink oor betrokkenheid op hulle dorpe. Foto's: Le Roux Schoeman

NG Kerk Vrystaat: Só beleef teologiese studente die saamtrek

Ons gesels met twee van ‘n klein groep teologiese studente wat ook vandeesweek se sinodesitting by Bothaville in die Vrystaat bywoon.  

NG Kerk Vrystaat: Só beleef teologiese studente die saamtrek Lees verder

@sinode

Beter Dorpe: Dominees wil speel-speel dink aan ernstige samewerking op Vrystaatse platteland

By die sinodesitting van die NG Kerk Vrystaat dink hierdie dominees op 9 Junie tydens ‘n wegbreeksessie saam aan hoe om gemeentes se impak op dorpe te verhoog. Ds Mias Nortier van NG gemeente Jacobsdal vertel hieronder hoe ‘n innoverende nuwe speletjie energie en idees loswikkel rondom Beter Dorpe en die NG Kerk se impak. 

Beter Dorpe: Dominees wil speel-speel dink aan ernstige samewerking op Vrystaatse platteland Lees verder

@sinode

Elders gesien | Winterhoop 2026 vat vlam: Vuurmaakhout, sokkies, ’n warm bed …

Sokkies, ’n warm bed, ’n bord kos. Selfs ’n kruiwa vol vuurmaakhout. Dit is van die maniere waarop vanjaar se Winterhoop-veldtog duisende behoeftige mense se winter meer draaglik wil maak.  “Ons wil die hande en voete wees van Jesus en die gemeenskap dien …”. So vertel Leona Pienaar van MES vir RSG-omroeper Eloise Cupido. In

Elders gesien | Winterhoop 2026 vat vlam: Vuurmaakhout, sokkies, ’n warm bed … Lees verder

Nuus

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Skuif jou fokus na die foute of die vreugdes?

Die Here leer my tans iets: Die kerk is dalk nie so dood soos wat my frustrasie met sommige aspekte van die kerk my soms laat dink nie. Daar is steeds predikante en lidmate wat elke dag getrou opdaag, droom, dien, lei, innoveer – en selfs hulle WhatsApp’s en e-posse antwoord.   Die ander dag

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Skuif jou fokus na die foute of die vreugdes? Lees verder

Tussenin
Dr Coenie Burger het by die teoloog David H. Kelsey aangesluit om te sê daar is drie groot verhale in die Bybel. Die Ou Testament oor God die Vader, die Evangelies oor Jesus en, vanaf Handelinge, oor die Heilige Gees. Foto's: Kerkbode

Dink eenheid, nie Vader óf Seun, óf Gees … – Coenie Burger oor vraag na Wie God is

As jy mense oor die kerk wil opgewonde maak, praat jy nie met hulle oor die kerk nie, jy praat met hulle oor God, het die teoloog en voormalige kerkleier dr Coenie Burger vroeg Maandag by die sinodesitting van die NG Kerk Vrystaat gesê.    “Die Bybel is geskryf om ons oor God te vertel,”

Dink eenheid, nie Vader óf Seun, óf Gees … – Coenie Burger oor vraag na Wie God is Lees verder

@sinode

NG Gemeente Koës, Namibië: Vastetermyn kontrakpos vir twee jaar

Vakature: Vastetermyn kontrakpos vir twee jaar Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir die pos van bedienaar van die Woord op ’n vastetermynkontrak van twee jaar met die opsie om dit verder te verleng GEMEENTEPROFIEL: Koës is ’n plattelandse gemeente, geleë 130 km noordoos van Keetmanshoop in die suide van

NG Gemeente Koës, Namibië: Vastetermyn kontrakpos vir twee jaar Lees verder

Afgehandelde vakatures
"Ons eenheid is broos, ja. Maar daar is ’n diepe hunkering na vrede, en na mekaar – ek hoor dit by die meeste gemeentes. En twee verdere oortuigings: Ons is te min – 70 000 NG lidmate in ’n provinsie van 3 miljoen mense (en waarvan baie, baie ook Christene is!) – om mekaar nog verder te verdeel. En tweedens, ons roeping hier is te groot; die voetspoor van die NG Kerk in die Vrystaat is veel groter as ons getalle. Ry maar, en gaan kyk in die dorpe die kerktorings en -tuine. Ons is hier." - Jan Lubbe aan Kerkbode in die onderhoud hieronder. Foto: Kerkbode-argief

Sinode in die Vrystaat: ‘Ons eenheid is broos, ja. Maar daar is ’n diepe hunkering na vrede, en na mekaar’ – Lubbe

Van 7-10 Junie sal die NG Kerk Vrystaat by Nampopark buite Bothaville sinodesitting hou. Verteenwoordigers van die oorgrote meerderheid van die 149 gemeentes van dié streeksinode van die NG Kerk sal die geleentheid bywoon. Op die vooraand van die sinodesitting het Kerkbode vir ds Jan Lubbe, die voorsitter van die vergadering, gevra …   Kerkbode

Sinode in die Vrystaat: ‘Ons eenheid is broos, ja. Maar daar is ’n diepe hunkering na vrede, en na mekaar’ – Lubbe Lees verder

@sinode Nuus
"Ek dink gemeentes in ander streke kan saam met ons leer vanuit hierdie gebeure. ’n Mens kan net doeltreffend in chaostye help wanneer daar gesonde verhoudings reeds in plek is." So vertel ds Alex Clark van Diakonia. Hy en ds Danie Mouton (Oos-Kaap) gee terugvoer oor hoe dit gaan in hulle gemeentes weke na groot stormskade gely is. Foto: Helene Meissenheimer

Só gaan dit weke ná groot stormskade | Boere is getraumatiseer, vra voorbidding

Hoogtepunte: ‘Oorweldigende reaksie’ met bydraes van R5 000 tot R100 000 Honderde kry veilige blyplek in kerksale, kospakkies, klere en potte vol sop R90 000 al uitbetaal aan gemeentes en organisasies vir hulpprojekte ’n VKO-skooltjie en ’n kwekery tel onder die ingrype en meer as R90 000 is in uitbetalings aan NG en VGK gemeentes

Só gaan dit weke ná groot stormskade | Boere is getraumatiseer, vra voorbidding Lees verder

Nuus

NG Ring van Hanover: Brugleraar (ses tot nege maande)

Vakature: Brugleraar (ses tot nege maande) vir drie klein gemeentes in die Ring van Hanover Leraarsprofiel: Die Ring van Hanover beleef hierdie laaste twee jaar groot uitdagings, veral die drie gemeentes Petrusville, Petrusville-Uitsig en Vanderkloof. Alhoewel hierdie gemeentes klein is en die uitdagings groot, is ons opgewonde oor die bedieningsmoontlikhede hier in die Groot-Karoo. Ons

NG Ring van Hanover: Brugleraar (ses tot nege maande) Lees verder

Afgehandelde vakatures

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 05 Junie 2026)

Hierdie kennisgewings is op 05 Junie 2026 opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za BEROEP Ds AD (Attie) Botha (emeritus) van Jansenville na Albanie; prop C (Christian) Heath na Brandvlei; dr H (Hancke) van Blerk (emeritus) vroeër van Piet Retief na Smithfield; ds G (Gustav) van Zyl van NHKA Phalaborwa na NGK Phalaborwa; ds FC (Tiaan)

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 05 Junie 2026) Lees verder

Amptelik
Tshepiso het geleer dat dit dikwels die mense is wat die meeste seergekry het, wat ander help om die pad na genesing te vind. Skuilnaam en foto ter illustrasie.

Stories van Hoop: Wanneer ’n kind hoop kies

Tshepiso (skuilnaam) was nog klein toe sy reeds geleer het dat veiligheid nie altyd permanent is nie, vertel Christine Shaw, ’n Kerkbode-storievennoot.*   Ná haar ma se dood het sy by haar tannie gaan woon. Tshepiso het nooit haar pa geken nie. Alhoewel haar tannie hard probeer het om vir haar te sorg, was haar lewe

Stories van Hoop: Wanneer ’n kind hoop kies Lees verder

Artikels Vennote

Van die kantlyn | Ons kan omgee vir ’buitelanders’ asof dit ons en ons kinders is wat verjaag word

“Wat kyk jy?” Ek vra my man die vraag want ek hoor ’n geskree terwyl hy ’n video op sy selfoon kyk. “Dis kinders in Kraaifontein,” kom sy kriptiese antwoord. Ek sien later self van die video’s. Dit wys honderde tieners wat chaos maak. Die kinders het, na wat berig word, van een skool na

Van die kantlyn | Ons kan omgee vir ’buitelanders’ asof dit ons en ons kinders is wat verjaag word Lees verder

Rubrieke

Hooggeregshof stel tugsaak teen Marius Coetzee ter syde; nuwe ondersoek gelas

Ds Hanri Joubert, predikant van Gansbaai en aktuarius van Sinode van Wes-Kaapland, lewer namens die moderatuur van die Sinode van Wes-Kaapland verslag oor die Coetzee saak, soos op 2 Junie 2026 in die Kaapse hooggeregshof afgehandel: Die applikant, ds. MX Coetzee, asook die kerkraad van Karatara-gemeente het die uitspraak in die tughandeling van die Ring

Hooggeregshof stel tugsaak teen Marius Coetzee ter syde; nuwe ondersoek gelas Lees verder

Verklarings

Brief | Eerste indrukke uit die hof: tugbesluite teen Marius Coetzee tersyde gestel

Ds CJ (Neels) de Jager, leraar Vaalrivier-gemeente en aktuarius Goudland Sinode skryf: Die hofsaak tussen ds Marius Coetzee en kerkraad NG Gemeente Karatara-Sedgefield vs Ring van Knysna, die Sinode van die Wes-Kaap, en andere verwys. Hierdie is eerste indrukke onderhewig aan korreksie. Here, wees ons genadig! Op U wag ons (Jesaja 33:2). ’n Hofgebou is

Brief | Eerste indrukke uit die hof: tugbesluite teen Marius Coetzee tersyde gestel Lees verder

Briewe
Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.