Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

J

Kollig-podsending | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg?

’n Klomp goed het gebeur na die moord op sy skoonouers. ’n Polisie-ondersoek, hofsaak, media. Maar toe raak dit stil, ook vanaf die kerk. “Toe sit ons nog met die verwonding …” Só vertel ds Gerhard Pietersen wie se skoonouers in 2016 op hulle Suid-Kaapse kleinhoewe vermoor is. Hy is die skrywer van die boek, […]

Kollig-podsending | Trauma se onsigbare wonde – hoe lyk die kerk se sorg? Lees verder

Nuus
Regina Nauses, wat in 2016 bevestig is as die NG Kerk in Namibië se eerste plaaslik opgeleide vrouestandplaasleraar, is in Junie oorlede. Foto: Le Roux Schoeman

Elders gesien | NG Kerk in Namibië onthou Regina Nauses, eerste vrouestandplaasleraar van San-gemeente

“Vriende – Dit is met groot hartseer dat ons u inlig dat ons geliefde suster Ds. Regina Nauses van oggend oorlede is. Dra asseblief vir haar man en familie en die Wildevy gemeente op aan die Here.” So het Andries Gous van Degnos Bediening op 16 Junie in hulle Whatsapp-groep die hartseer nuus gebreek dat

Elders gesien | NG Kerk in Namibië onthou Regina Nauses, eerste vrouestandplaasleraar van San-gemeente Lees verder

In Memoriam Nuus

NG Kerk Boksburg-Wes: Deeltydse leraarspos

Vakature: Deeltydse leraarspos Sluitingsdatum: 31 Julie 2026. Die Nederduitse Gereformeerde Kerk Boksburg-Wes beskik tans oor ’n vakante predikantspos. Dit is ’n deeltydse vastetermynpos ingevolge Reglement 16 met ’n werksweek van ongeveer 25 uur per week. Die predikant se verantwoordelikhede sal geskied volgens Artikel 9 van die Kerkorde, met fokus op geestelike leiding, Woordbediening, pastorale versorging

NG Kerk Boksburg-Wes: Deeltydse leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

Brief | Kerk in hof: Hofbevel of halwe aanhaling? Sedgefielder vra sinode om duidelikheid

Nico Basson van Sedgefield skryf: Die aktuarius van die Wes-Kaapse Sinode se amptelike verklaring (DK 05.06.2026) oor die hofbevindinge op 2 Junie 2026 (ds Coetzee) asook persverklaring Knysna-Plett Herald 11 Junie 2026 het betrekking: Volgens die berig in Knysna-Plett Herald word weereens aangedui dat die hof gelas het dat die klag van skeurmakery teen ds

Brief | Kerk in hof: Hofbevel of halwe aanhaling? Sedgefielder vra sinode om duidelikheid Lees verder

Briewe

Brief | PredikanteSAAMkoms: Kan ’n mens dan nie ’n groot verskil in die wêreld maak én ook die lewe saam geniet en vier nie?

Fourie Rossouw van Stellenbosch skryf: Ek lees van predikante wat kla oor die vermorsing van sinodale geld op die PredikanteSAAMkoms wat in Augustus gaan plaasvind. Dié wat dit reël is glo toondoof. Hoe kan die kerk dit “regverdig dat miljoene rande gespandeer word op ’n nie-amptelike, opsionele byeenkoms vir ’n klomp bevoorregte mense?” So vra

Brief | PredikanteSAAMkoms: Kan ’n mens dan nie ’n groot verskil in die wêreld maak én ook die lewe saam geniet en vier nie? Lees verder

Briewe

Brief: Wat van diegene wat deur die stelsel seergemaak is?

Henrietta Klaasing van Randfontein skryf: Min mense sal verskil van dr Nioma Venter dat predikante ondersteuning en kollegiale bemoediging nodig het. Die beginsel van “care for the carers” is inderdaad belangrik, veral in ’n bediening waar mense daagliks blootgestel word aan verlies, trauma en die emosionele laste van ander. LEES OOK: PredikanteSAAMkoms (24-28 Augustus 2026):

Brief: Wat van diegene wat deur die stelsel seergemaak is? Lees verder

Briewe

Brief | PredikanteSAAMkoms: Om dié te versorg wat dien

Dr Nioma Venter skryf: Meer as twintig jaar het verloop sedert die laaste geleentheid waar leraars uit die hele NG Kerk as kollegas kon saamkom. Daarom is die PredikanteSAAMkoms wat in Augustus vanjaar by Goudini naby Rawsonville plaasvind, in baie opsigte ’n unieke geleentheid. Terwyl baie leraars die uitnodiging aangegryp het, is daar ook eerlike

Brief | PredikanteSAAMkoms: Om dié te versorg wat dien Lees verder

Briewe

Elders gesien: PredikanteSAAMkoms (24-28 Augustus 2026): Wat word beplan?

Is die beplande PredikanteSAAMkoms (24-28 Augustus 2026) ‘n sinodesitting of nog ’n kerkvergadering? Nee, sê die organiseerders van dié geleentheid wat op Goudini in die Wes-Kaap sal plaasvind.  “Geen voorsitters. Geen verslae. Geen besluite. Geen mosies. Geen vername sprekers. Dis ’n ruimte om asem te haal, te bid, te kuier en weer mens te word,”  luidens die amptelike webwerf. 

Elders gesien: PredikanteSAAMkoms (24-28 Augustus 2026): Wat word beplan? Lees verder

Video
Die agenda het darem ook tyd gemaak vir meer as teorie. Ons het ’n herwinningsprojek by een van Durban se riviermonde besoek en ’n lesing deur ’n omgewingskundige oor die gesondheid van riviere in die Kloofarea bygewoon. Foto's: Fay van Eeden

Eko-taakspan wil kerk help dink oor plastiek en water

Plastiekbesoedeling is een van die fokuspunte van die ekologietaakspan se werk. En daar is lank nagedink oor hoe die taakspan vir gemeentes kan help in hulle eie kontekste, berig Fay van Eeden uit KwaZulu-Natal.    Die noordkus van Natal het omtrent afge-show. Dit was ’n pragtige sonskyndag toe ons by ons blyplek in Ballito stop.

Eko-taakspan wil kerk help dink oor plastiek en water Lees verder

Artikels

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Tyd om nuwe musiek te skryf!

Ek is eerste daar en skuif agter die vleuel in Wellington-Noord se kerkgebou in. Die klavier se aanslag is sag en die klank besonders. Dit is aand en net sommige ligte brand. Die loodglasvensters, hoë plafon en kerkbanke skep vir my ’n heilige atmosfeer. Tussenin al die bedrywighede van die afgelope paar weke kom daar

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Tyd om nuwe musiek te skryf! Lees verder

Tussenin

Brief: Waarom ek nie die predikantebyeenkoms gaan bywoon nie

Dr Johannes Mouton van Table View-gemeente skryf: In Augustus vind die predikantebyeenkoms plaas. ’n Geleentheid wat onlangs by ’n kerkvergadering as ’n soort “kunstefees vir dominees” bemark is – ’n “nice-to-have”, met ander woorde. ’n Lekker bymekaarkoms waar dominees kan deelneem aan die items op die program of dalk nie, is daar gesê. Al klink

Brief: Waarom ek nie die predikantebyeenkoms gaan bywoon nie Lees verder

Briewe

NG Kerk Zeerust: Voltydse leraar

Voltydse leraar Die kerkraad van NG Gemeente Zeerust nooi, ingevolge die Kerkorde van die NG Kerk, gelegitimeerde predikante van die NG Kerk met ampsbevoegdheid om aansoek te doen vir die pos. Die vakature is vir ’n voltydse, beperkte termynpos. GEMEENTEPROFIEL: Ons is ’n aktiewe en gasvrye gemeente van ongeveer 500 lidmate in Zeerust wat daarna

NG Kerk Zeerust: Voltydse leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

Vreemdelinge en vlugtelinge: Wat vra die Here nou van ons?

Ons deel die oortuiging dat geweld, ontmensliking en haat geen plek in die lewe van Christene het nie, skryf Nioma Venter namens die Taakspan Ekumene van die Algemene Sinode.    Die afgelope weke het verskeie ekumeniese liggame hulle stem laat hoor oor die groeiende spanning, dreigende geweld en vyandigheid teenoor ongedokumenteerde burgers van ander lande

Vreemdelinge en vlugtelinge: Wat vra die Here nou van ons? Lees verder

Rubrieke

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 19 Junie 2026)

Hierdie kennisgewings is op 19 Junie 2026 opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za BEROEP Prof JG (Jannie) le Roux (emeritus) na Helderberg. AANVAAR Ds WA (Willem) Badenhorst van Moreletapark na Lichtenburg; prof JG (Jannie) le Roux (emeritus) na Helderberg. WES-KAAPLAND AANVAAR Prof Jannie le Roux (emeritus) vroeër van Gordonsbaai het ’n beroep na die NG

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 19 Junie 2026) Lees verder

Amptelik

Helderberg Gemeente: Leraar en Leier vir Familiebediening

Vakature: Leraar en Leier vir Familiebediening  Bou saam aan ’n geloofstuiste vir families Helderberg Gemeente leef met ’n passie vir God en ’n hart vir mense en ’n wêreld in nood.  Ons is op soek na ’n dienende leier om eienaarskap te neem van ons familiebediening — ’n brugbouer wat die hartklop van jonger generasies

Helderberg Gemeente: Leraar en Leier vir Familiebediening Lees verder

Afgehandelde vakatures
Wat is die Bybelse argument vir of teen die erkenning van verbintenisse tussen mense van dieselfde geslag? André Bartlett se standpunt.

Verstaan die Ou Testament: Die Bondsboek en die vreemdeling

Suid-Afrika gaan moontlik al weer ʼn fase binne waar ʼn golf van xenofobie ons oorweldig. Die woord “xenofobie” veronderstel vrees vir die vreemdeling, maar die realiteit is meestal haat. Dit is duidelik dat die Ou Testament en ook die Tora hierdie verskynsel geken het. Ek het al hier geskryf oor die Heiligheidswetgewing en die vreemdeling,

Verstaan die Ou Testament: Die Bondsboek en die vreemdeling Lees verder

Verstaan die Bybel
NG Kerk

Johan van der Merwe | Nagedink oor 16 Junie: Dit was nie vergeefs nie

16 Junie behoort ’n rooiletterdag vir almal in Suid-Afrika te wees. Twee redes maak dit een van die belangrikste onthoudae in die geskiedenis. Die eerste, meer bekende rede, is die gebeure wat op 16 Junie 1976 in Soweto plaasgevind het. Tydens ’n jeugoptog teen die verpligte leer van Afrikaans in skole was die 12 jarige

Johan van der Merwe | Nagedink oor 16 Junie: Dit was nie vergeefs nie Lees verder

Johan van der Merwe

Terugtrek van artikel ‘Oud-onderwyser sterf kort na hy sy eie storie van heelword na onverwerkte trauma vertel’

Kerkbode trek hiermee die publikasie van die artikel ‘Elkeen het ’n storie’ – oud-onderwyser sterf kort na hy sy eie storie van heelword na onverwerkte trauma vertel’ terug. Dit kom nadat dit ná publikasie aan die lig gekom het verskeie sentrale feite was onwaarhede wat as ware lewenservaring aan Kerkbode sowel as ’n hulporganisasie voorgehou

Terugtrek van artikel ‘Oud-onderwyser sterf kort na hy sy eie storie van heelword na onverwerkte trauma vertel’ Lees verder

Artikels
Ds Rikus van Zyl en ouderling Pieter Borrington was deur die NG Gemeente Edenburg afgevaardig na die onlangse Vrystaatse sinodesitting. Jaco Strydom het met hierdie plattelandse leraar gesels. Foto's: Verskaf

‘Ons moet daar wees vir mense’ – Rikus van Zyl vertel van ’n trekkerongeluk as draaipunt en bediening op die platteland

“Ek wil nooit ’n dominee op die platteland wees nie!” Hoe baie moes ek dit al hoor. Of iets soortgelyks. Veral onder jonger dominees deesdae. Ja, hulle sien dalk nog kans vir “’n klein plekkie langs die see”, sal hulle dan opmerk – die roeping Kaap toe loop al sterker – maar nie sommer vir

‘Ons moet daar wees vir mense’ – Rikus van Zyl vertel van ’n trekkerongeluk as draaipunt en bediening op die platteland Lees verder

Artikels

NG Gemeente Tweeling: Leraarspos

Vakature: Leraarspos Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here aansoeke in vir bogenoemde pos. Gemeenteprofiel Tweeling is ’n plattelandse gemeente geleë in die Noord-Oos-Vrystaat (tussen Reitz en Frankfort ±30 km vanaf beide. Naaste groot dorp is Bethlehem 80 km). Bogenoemde buurdorpe beskik oor puik skole en koshuise, dokters, hospitale. Die gemeente het tans

NG Gemeente Tweeling: Leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures
Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.