Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

J

Op Dinsdagoggend 7 Julie het Vossie Botha, Willie Cilliers en Marie Collins saam met nog inwoners van ’n ouetehuis in Pretoria toebroodjies gemaak vir immigrante wat by ambassades in die stad wag op busse om die land te verlaat. Greta van Rensburg, bestuurder by Huis Piek, vertel meer oor hierdie inisiatief in samewerking met die NG Kerk Waterkloof. Foto’s: Verskaf

Uitreik na immigrante in nood | Huis Piek se inwoners wys liefde met grondboontjiebotter en konfyt

Greta van Rensburg, bestuurder by Huis Piek in Pretoria, skryf: In samewerking met die NG Kerk Waterkloof het ’n paar inwoners op kort kennisgewing saamgekom om toebroodjies vir die ongedokumenteerde werkers te maak wat tans by die ambassades wag vir busse om uit Suid-Afrika uit te kom. ’n Mens kon sien: vir sommige was dit […]

Uitreik na immigrante in nood | Huis Piek se inwoners wys liefde met grondboontjiebotter en konfyt Lees verder

Briewe

Kerk in hof: ‘Dié uitspraak is ’n oorwinning vir geregtigheid’

Gerhard Ferreira van Johannesburg skryf: Kan almal wen uit ’n hofsaak? Dit blyk so. In die onlangse Wes-Kaapse hofsaak, Marius Xavier Coetzee v The Congregation of the Dutch Reformed Church Karatara-Sedgefield and Others (2 Junie 2026), het die saak nie oor die meriete van die aanklagte teen ds Coetzee gegaan nie. Dit het eerder gedraai

Kerk in hof: ‘Dié uitspraak is ’n oorwinning vir geregtigheid’ Lees verder

Briewe

Stories van Hoop: Wanneer die kaart verander (tesame met CMR Gauteng-Oos)

Vir Mia, Hannah en Joshua het die lewe ‘n ander koers ingeslaan as wat enigiemand ooit vir hulle sou toewens*. Hoewel hulle uit verskillende biologiese gesinne gekom het, is die drie kinders saam aangeneem toe hulle nog jonk was. Hulle het ‘n huis gekry om hul eie te noem en ouers wat daarna gestreef het

Stories van Hoop: Wanneer die kaart verander (tesame met CMR Gauteng-Oos) Lees verder

Artikels Vennote
Ds Rehan Rheeder is deur die Sinodale Diensraad (Noordelike Sinode) op 24 Junie 2026 beroep as hoof- uitvoerende beampte van die sinodekantoor. Foto: Verskaf

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 03 Julie 2026)

Hierdie kennisgewings is op 03 Julie 2026 opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za BEROEP Dr BP (Bennie) Marais van Charl Cilliers na Luckhoff; ds HF (Heinrich) Niehaus van Laingsburg na Gordonsbaai; ds R (Rehan) Rheeder van Universiteitsoord na SDR Noordelike Sinode as hoof- uitvoerende beampte; ds SWP (SW) Scott sr (emeritus) van Newcastle na Klerksdorp-Oos.

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 03 Julie 2026) Lees verder

Amptelik

‘’n Mens se hande voel afgekap. Jy voel oorweldig’

Ds Riaan de Villiers (links in blou) is een van ‘n groot groep gelowiges en vrywilligers wat die afgelope week bystand aan die duisende ongedokumenteerdes verleen het wat die land inderhaas moes verlaat. By hom is Francois du Plessis, ‘n lidmaat by Groote Kerk. Hierdie video is geskiet op Maandagaand 29 Junie op die vooraand

‘’n Mens se hande voel afgekap. Jy voel oorweldig’ Lees verder

Artikels
Rondom middernag op Maandag 29 Junie het 'n bus by die vlugtelingsentrum in Epping opgedaag, maar die hoeveelheid mense het die ingewikkelde repatriasieproses vertraag en oorweldig. Foto’s: Le Roux Schoeman

Immigrante-protes: Gelowiges praat met nuanse, stilte én met dade

Terwyl duisende ongedokumenteerdes die afgelope week die land verlaat weens gemeenskapsgeleide protesaksie, het kerkleiers gemaan dat sorg vir die vreemdeling spruit uit die feit dat jy jou eie slawerny onthou. Le Roux Schoeman berig oor twee dae waarin Suid-Afrika moes besin oor hoe hulp lyk.   Timothy het ’n jaar gelede in ’n aanmekaargeflansde bootjie

Immigrante-protes: Gelowiges praat met nuanse, stilte én met dade Lees verder

Artikels

‘Woorde wat vrede maak’ – ’n inisiatief om wêreldstede met poësie te bombardeer

Andre Agenbag van Stellastraat skryf: “Geseënd is hulle wie se woorde vrede maak want aan hulle behoort die koninkryk van God”. ’n Groep Chileense digters het begin met ’n inisiatief om wêreldstede met poësie te bombardeer. Die vertrekpunt was eenvoudig: Die stede wat met gedigte gebombardeer is verdien dat die hemelruim aan hulle terug besorg

‘Woorde wat vrede maak’ – ’n inisiatief om wêreldstede met poësie te bombardeer Lees verder

Briewe
'n Handjievol geloofsleiers het Dinsdag 30 Junie vir gebed en stil protes op die trap van die Anglikaanse St George-katedraal vertoef terwyl protes-aksie teen onwettige migrante verder op met Waalstraat plaasgevind het.

Optogte teen onwettige burgers: Klein groepie geloofsleiers bied stil protes

“Ons leef daagliks in vrees,” het Zodwa Booi, ’n Wes-Kaapse leier van Operation Dudula op Dinsdag 30 Junie verduidelik oor haar organisasie se energieke teenstand teen onwettige immigrante. Booi verwerp die stelling dat dit ’n veralgemening is om te beweer dat veral buitelanders misdaad pleeg. Sy gee wel toe dat Suid-Afrikaners ook hulself op groot

Optogte teen onwettige burgers: Klein groepie geloofsleiers bied stil protes Lees verder

Nuus
Johan Symington

’n Kuier by skrywer en kerkman Johann Symington

“Johann Symington mag nou dalk aan die ouer kant wees, effens gekniehalter deur ’n gesondheiduitdaging of twee, maar jy sal hom steeds in ’n reuse-skare aan sy lag kan uitken. Daar is baie om oor hierdie dominee te vertel,” skryf Rudi Swanepoel. Ek weet nie waar om te begin nie, want begin, móét ek, omdat

’n Kuier by skrywer en kerkman Johann Symington Lees verder

Artikels

Digitale dinge: Slim wenke wat vermy om prekerig te klink

Skermslim – ’n Gids vir veilig speel in die digitale ruimte deur Estée Cockroft en Christine van Aardt Uitgewer: Lapa, 2026 Resensent: Rethie van Niekerk Skermslim is ’n uitstekende, toeganklike bron wat kinders op ’n vermaaklike manier toerus vir die digitale wêreld. Met ’n goeie skeut humor, informele grafika en ’n maklik leesbare styl en

Digitale dinge: Slim wenke wat vermy om prekerig te klink Lees verder

Boeke
geloof in god

Geloof as poësie: ’n uitnodiging om anders oor God te dink

Geloof in God is poësie deur Danie van Zyl Uitgewer: Turksvy Publikasies, 2026 Resensent: Ernst Conradie Turksvy Publikasies staan skrywers by wat die roete van selfpublikasie wil volg. Groter uitgewers word oorval met manuskripte en dit is nie vir hulle moontlik om alle goeie boeke bekostigbaar uit te gee nie. Daar is wel ’n fooi

Geloof as poësie: ’n uitnodiging om anders oor God te dink Lees verder

Boeke
Sari for Change
Rayana Edwards-Cassim is die stigter en HUB van die klerereeks en opheffingsprojek Sari for Change. Fay van Eeden vertel meer. Foto: Verskaf

Eko-rubriek: Klere met ’n storie kan as keerwal teen kitsmode dien

“Dis darem wonderlik dat iets wat vir een persoon onbruikbaar geword het, vir ’n ander hoop kan bring,” sê ek vir my skoonma terwyl ons deur die vertoonkamer se rakke met kledingstukke loop. So tussendeur baadjies aanpas drink ons koffie saam met Rayana Edwards-Cassim. Sy is die stigter en HUB van die klerereeks en opheffingsprojek

Eko-rubriek: Klere met ’n storie kan as keerwal teen kitsmode dien Lees verder

Rubrieke Video
Lede van verskillende geloofsgemeenskappe waaronder Groote Kerk se fokus was op die bediening van kos en water asook items soos doeke aan vroue met babas. Foto’s en video: Le Roux Schoeman

Die lang wag op die bus terug na Zimbabwe: Geloofsgemeenskappe bied bystand in Kaapstad

In snerpende koue het meer as 1300 mense Maandagaand (29 Junie) by die Departement Binnelandse Sake se Vlugtelingverwelkomingsentrum in Epping, Kaapstad op repatriasie na Zimbabwe gewag. Enkele ure voor Dinsdag 30 Junie se optogte teen ongedokumenteerde migrante was die atmosfeer gespanne, maar ordelik. Lede van verskillende geloofsgemeenskappe se fokus was op die bediening van kos

Die lang wag op die bus terug na Zimbabwe: Geloofsgemeenskappe bied bystand in Kaapstad Lees verder

Nuus
Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het Maandag 'n dringende beroep op Suid-Afrikaners gedoen om vreedsaam op te tree te midde van betogings beplan vir 30 Junie teen ongedokumenteerde immigrante. Foto: SARK

Elders gesien | Kerkleiers doen beroep vir vreedsame en beheersde optogte op 30 Junie

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK) het Maandag ‘n dringende beroep op Suid-Afrikaners gedoen om vreedsaam op te tree te midde van betogings beplan vir 30 Junie teen ongedokumenteerde immigrante.  In ‘n verklaring (sien onderaan) erken die kerkleiers dat gemeenskappe se kommer oor werkloosheid, misdaad, swak dienslewering en migrasie werklik is, maar waarsku dat frustrasie

Elders gesien | Kerkleiers doen beroep vir vreedsame en beheersde optogte op 30 Junie Lees verder

Nuus

Brief: ‘Kom ons bid vir die vreemdeling wat onder ons woon’

Andreas van Rooyen skryf: Ons lees in die nuus dat ons 30 Junie versigtig moet wees, dat daar oral in die land optogte gaan wees oor al die onwettige immigrante in ons land, want hulle is die probleem. Mense is moeg, mense sukkel, mense wil ‘n beter toekoms hê en dit gebeur net nie. In

Brief: ‘Kom ons bid vir die vreemdeling wat onder ons woon’ Lees verder

Briewe

Brief | Ongedokumenteerdes: Koinonia Netwerk wil gemeentes in brandpunte finansieël ondersteun

Dr Anton Knoetze skryf: In die media is daar wye dekking gegee aan die Ultimatum wat eis dat “ongedokumenteerde” persone teen 30 Junie die land moet verlaat. Die tonele hieroor vertel van teistering en dreigemente. Dit wil voorkom asof die gebeure van 2008, 2015 en Julie 2021 homself moontlik kan herhaal. Wie sou kon dink

Brief | Ongedokumenteerdes: Koinonia Netwerk wil gemeentes in brandpunte finansieël ondersteun Lees verder

Briewe

NG Gemeente Schweizer-Reneke-Noord: Vastetermynpos

Vakature: Vastetermynpos Die leraar word beroep in ’n vastetermynpos vir twee jaar. Die termyn kan na die twee jaar verder verleng word. Gemeenteprofiel Die NG gemeente van Schweizer-Reneke-Noord is geleë in die Noord-Wes provinsie. Dit vorm deel van die Bloemhof-ring en val binne die Goudland-sinode. Dit is ’n plattelandse gemeente binne ’n boeregemeenskap waar daar

NG Gemeente Schweizer-Reneke-Noord: Vastetermynpos Lees verder

Afgehandelde vakatures

Ongedokumenteerde burgers van ander lande: Vrees en koue buite Zim-konsulaat

Honderde mense, waaronder babas en bejaardes, het te midde van swaar reën Sondagoggend (28 Junie) buite die Zimbabwiese konsulaat in Kaapstad op busse gewag in die hoop op repatriasie. Meer agtergrond: Die afgelope weke het verskeie ekumeniese liggame hulle stem laat hoor oor die groeiende spanning, dreigende geweld en vyandigheid teenoor ongedokumenteerde burgers van ander

Ongedokumenteerde burgers van ander lande: Vrees en koue buite Zim-konsulaat Lees verder

Nuus
Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.