Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Author name: Conette le Roux

10 dinge vir elke kategeet se gereedskapskis

’n Veilige ruimte vir omgee en deel vorm ’n basiese behoefte vir enige klein­groep. Wees toegerus en voorbereid deur seker te maak die basiese dinge is alles in plek, het VrydagNuus, amptelike nuusbrief van die Wes-Kaapse Sinode, berig. Hier gee ds Anriëtte de Ridder, PSD vir Jeug- en Familiebediening van dié sinode, idees vir jou […]

10 dinge vir elke kategeet se gereedskapskis Lees verder

Hoopstories

‘Dis net genade,’ sê 100-jarige

“Ek is eintlik klaar met hier­die wêreld, ek leef net uit genade.” Met dié woorde en ’n groot glimlag groet Margie Lubbe besoekers op haar 100ste verjaarsdag. Sy sit kiert­sregop in haar eenslaapkamerwoonstel in ’n versorgingsoord in die Paarl. Haar oë blink en op haar skoot lê ’n Bybeldagstukkieboek van Solly Ozrovech waaruit sy oggend­godsdiens

‘Dis net genade,’ sê 100-jarige Lees verder

Nuus
Lizzie (middel) woon op die dag van haar 100ste verjaardag die erediens by die NG gemeente Randpoort, waar sy lidmaat was, by. Links sit haar dogter, Isabel Smal en regs haar skoonsuster, Bessie Ehrke. Foto verskaf

100-jarige word onthou as opregte voorbidder

Lizzie Ehrke was die derde van tien kinders. Sy is in 1939 met Dries le Roux getroud. Hulle het vyf kinders gehad waarvan een oorlede is. Nadat hulle in Durban en Mayfair in Johannesburg gewoon het, was hulle 39 jaar lank in nog ’n Johannesburgse voorstad, Crosby, voordat hulle in 1991 na Randfontein verhuis het.

100-jarige word onthou as opregte voorbidder Lees verder

In Memoriam
Die inwoners van Greytown Child and Youth Care Centre sê dankie vir 100 jaar van seën met tradisionele Zoeloedanse. Foto verskaf

Greytown-kinderhuis hou dankbaarheidsfees

Die Greytown-kinderhuis het onlangs hulle 100-jarige bestaan met groot dankbaarheid gevier. Dié kinderhuis, wat sedert 2005 Greytown Child and Youth Care Centre heet, het daarom hulle vie­ringe by die NG gemeente Greytown met ’n dankdiens afgesluit, het Elize de Villiers, kommunikasiebeampte van die KwaZulu-Natal Sinode, laat weet. Elize vertel daar is vandag sewe huise, die

Greytown-kinderhuis hou dankbaarheidsfees Lees verder

Hoopstories

“Mense wat ‘anders’ is, nie ingesluit in gesprek”

Ds Rudi Swanepoel van Johannesburg skryf: ’n Streeksinode van die NG Kerk wil van die kerkverband skei. Die rede is redelik duidelik: die Algemene Sinode het ’n besluit geneem waarvan hulle nie hou nie. Die besluit wat onlangs geneem is, is baie dinge. Dis onder andere akkommoderend. Dis juis hierdie aspek wat vir sommige mense

“Mense wat ‘anders’ is, nie ingesluit in gesprek” Lees verder

Briewe

’n Handvol lesse van die Wêreldbeker-kampioene

Daar sal seker nog baie geskryf word oor die leierskapslesse wat ons kan leer uit die Springbokke se triomf in die Wêreldbekerfinaal. Hier is solank ‘n paar deur die lens van ‘n gestuurde kerk. Moenie onderskat wat in 24 maande kan gebeur nie. Ons sê baie dat missionale transformasie nie tussen brêkfis en tee gebeur

’n Handvol lesse van die Wêreldbeker-kampioene Lees verder

Gestuur

VIDEO: Groot besluite wag op Goudland

Teen middagete Woensdag (6 November) het daar gesprekke oor drie kwessies geheers by Goudland Sinode se buitengewone sitting wat in die kerkgebou van NG gemeente Tetelestai in Randontein plaasvind. Die eerste gesprek (gegrond op een van die eerste voorstelle van die dag) is die moontlike wegskeur van Goudland van die Algemene Sinode volgens Artikel 37. 

VIDEO: Groot besluite wag op Goudland Lees verder

@sinode Nuus

Goudland Sinode hou weer buitengewone sinode

Die vierde grootste van die 10 streeksinodes sal volgende week vir ’n dag bymekaarkom om onder meer die Algemene Sinode se besluite oor selfdegeslagverhoudings te bespreek. “Skrywes en voorstelle uit baie gemeentes, verwarrende pers- en sosiale media-berigte en duidelike uitklaring rondom die nuutste besluite van die Algemene Sinode insake selfdegeslagverbintenisse (SGV) vra vir ’n Buitengewone

Goudland Sinode hou weer buitengewone sinode Lees verder

Nuus

Opi Stoep is álmal welkom

Dis Dinsdag 10 September, ’n heerlike lente-aand in die strate van Pretoria net so kort voor die Jakarandas begin blom. Normaalweg is Heroldstraat, tussen Tukkies se hoofkampus en NG Universiteitsoord, stil in die aande. Maar nie vanaand nie. Vanaand is daar ’n “vibe”. Vanaand is die straat vol mense, oud en jonk van alle rasse.

Opi Stoep is álmal welkom Lees verder

Nuwe stemme Rubrieke
“Die NG Kerk is gerig na buite. Ek het ook geleer jou konteks is jou bediening,” sê ds Almatine Leene van Stellenbosch-Wes. Foto: Le Roux Schoeman

‘Ons moet liefde in morsige plekke uitleef’

Vir ds Almatine Leene was predikantwees in Suid-Afrika ’n reis na die “kern van die evangelie”. Nou staan sy graag met haar “voete in die modder”, het sy aan Conette le Roux vertel. “In Suid-Afrika kon ek die eerste keer preek … al was dit in ’n ouetehuis.” Ds Almatine Leene vertel hoe sy as

‘Ons moet liefde in morsige plekke uitleef’ Lees verder

Artikels

Vreugde, verligting en ‘bruisende opwinding’ na sinode

Met die Algemene Sinode in Benoni wat nou tot die verlede behoort, het CONETTE LE ROUX gewonder hoe sinodegan­gers die ses dae ervaar het. Ten spyte van sowat 45 uur om sinodetafels, beligting in die koe­pelstruktuur of wit “ruspe” wat met ’n “nagklub” vergelyk en diverse opinies, heers ’n positiewe gees. Nie eens die Be­noni-hitte

Vreugde, verligting en ‘bruisende opwinding’ na sinode Lees verder

@sinode Nuus
“Die droogte het ons weer nader aan die Here gebring. Ons gemeenskap staan ook weer saam, soos in die ou dae,” sê Ben Raath, lidmaat van die NG gemeente Britstown wat die dryfveer agter ’n Vasdag op 26 Oktober is. Foto verskaf

Droogte: ‘Berg op’ saam Britstown

Die NG gemeente Britstown nooi gelowiges om Saterdag 26 Oktober van 6:00 tot 18:00 saam met hulle “berg op te gaan”.  Die bedoeling, verduidelik lidmaat Ben Raath, is om “jouself af te sonder en met die Here te praat en net stil te wees in sy teenwoordigheid” terwyl jy vas. Wanneer jy honger of dors

Droogte: ‘Berg op’ saam Britstown Lees verder

Hoopstories
Foto's: Verskaf

Waterhoop vir inwoners van Graaff-Reinet

Van die inwoners in Graaff-Reinet-gemeenskap het soms vir dae nie water in hulle huise nie. Daarom het die NG gemeente Ras­louw van Centurion, in samewer­king met die NG gemeente Parys-Oos, onder die oortuiging gekom dat hulle ’n verskil moet maak en waterhoop moet bring na ons dorp waar ’n waterkrisis tans heers, laat weet dr

Waterhoop vir inwoners van Graaff-Reinet Lees verder

Hoopstories Nuus
Kaptein Kevin Osprey, gesagvoerder van die Queen Mary 2 agter die kateder by die gereelde Sondag-erediens. Foto verskaf

Kaptein hou ook sy lyf dominee

Alle luukse plesierbote is nie net “baldadigheid, bingo, blackjack en bordspeletjies” nie. Kerk kom ook aan die beurt. So vertel Hennie van Deventer van Melkbosstrand in sy nuwe boek Na verre hawens oor ’n vaart op die Queen Mary 2 waar daar behalwe voorlesings deur kenners, seminare en werkwinkels ook kerk gehou is. “Tot waardering

Kaptein hou ook sy lyf dominee Lees verder

Hoopstories
Leila Sil­jeur. Foto: Stefan Els

Seeskilpad se lyding toe laaste strooi(tjie) vir dié Matie

Toe ’n student van die Universiteit Stellenbosch (US) ’n foto van ’n seeskilpad met ’n plastiek­vurk in sy neus op Facebook sien, het sy besluit sy gaan sélf iets doen om plastiekbesoedeling te bekamp. “Ek voel sterk daaroor dat ons die aarde en sy wesens moet beskerm. Om die skade wat mense veroorsaak te aanskou,

Seeskilpad se lyding toe laaste strooi(tjie) vir dié Matie Lees verder

Hoopstories
“Die besluit behels om weer te kies dat elke sinode in Jesus bly en dat ons as kerk kies om in Christus te bly,” het Elize Klut gesê. Foto: Le Roux Schoeman/Kerkbode

Sinode: ‘Belangrikste besluit’

“Ons maak vanoggend die grootste besluit van die sinode,” het Elize Klut tydens die laaste dagwyding by die Algemene Sinode in Benoni gesê. “Die besluit behels om weer te kies dat elke sinode in Jesus bly en dat ons as kerk kies om in Christus te bly,” het Klut gesê nadat sy sinodegangers genooi het

Sinode: ‘Belangrikste besluit’ Lees verder

@sinode Nuus

Windhoek-gemeente stel studenteverblyfprogram bekend

Na heelwat navorsing en beplanning stel die NG gemeente Academia in Windhoek die L3H-studenteverblyf vir 2020 bekend, berig Feldmuis, die NG Kerk in Namibië se weeklikse nuusbrief. Volgens Feldmuis sluit die verbyf nie net ’n bekostigbare dubbel- of enkelkamer in nie. Jy word ook inge­sluit in ’n “veilige en motiverende program van vorming en voorbereiding

Windhoek-gemeente stel studenteverblyfprogram bekend Lees verder

Hoopstories
Die poskaart van die NG Moedergemeente Oudtshoorn.

Kiek jou kerkgebou

“Ek hou nou al vir baie jare dié poskaart van die NG Moedergemeente Oudtshoorn. Eers in my Hallelujaboekie en nou in my Psalms- en Gesangeboekie,” laat weet die 86-jarige Dorothy Eager van Huis Lettie Theron in Hermanus. “Vir my bly die kerk nog die mooi­ste kerk (veral die binnekant) in die land. Ek was al

Kiek jou kerkgebou Lees verder

Hoopstories

Droogte: Studiefonds vir boere se kinders

Die Keimoes- en Neilersdrift-gemeentes in Noord-Kaapland het ’n fonds gestig om boere te help met hulle kinders se agterstallige skool- koshuis en universiteitsgelde. “Dit is ons hartsmense wat nie meer hulle kinders se skoolfonds en stu­diegeld kan bekostig nie,” het ds Renier Lourens van die NG gemeente Neilersdrift onlangs aan eNuus Noord-Kaapland, die sinode van

Droogte: Studiefonds vir boere se kinders Lees verder

Hoopstories
“Hierdie was ’n wonderlike ekumeniese geleentheid waaraan jongmense oor kerk- en kulturele grense meegedoen het,” sê Gustav. By Gustav van links is broer Paolo, aartsbiskop Thabo Makgoba, broer Alois en broer Norbert van Taizé. Foto verskaf

Taizé-pelgrimstog in Kaapstad

Duisende jongmense uit Suid-Afrika, die res van Afrika en van ander vastelande het onlangs in Kaapstad bymekaargekom vir ’n pelgrimsreis. Die “Pelgrimstog van Vertroue” (Pilgrimage of Trust), wat deur die Taizé-gemeenskap in Suid-Afrika georganiseer is, het vanaf 25 tot 29 September 2019 in Kaapstad plaasgevind. Jongmense van die NG Kerk so­ver as Bloemfontein en Pretoria

Taizé-pelgrimstog in Kaapstad Lees verder

Hoopstories
“En as julle weet van iemand wat op pad is Engeland toe … onthou asseblief om hulle te vertel dat hier ʼn gemeente is wat hulle graag op hulle nuwe reis wil help om tuis te kom,” sê ds Ferdie Clasen van die SA Gemeente in Londen.

Diversiteit is groot geskenk, sê Londen-dominee

Lidmate in Londen omhels verskille omdat Christus die gemeenskaplike faktor is. Dis ook dr Ferdie Clasen, leraar van die SA Gemeente in Londen, se droom vir die Algemene Sinode. “Ons het Christus in gemeen en om diversiteit en verskille te akkommodeer beteken dat ons ’n groot geskenk ontvang deur soms anders en soms verskillend die

Diversiteit is groot geskenk, sê Londen-dominee Lees verder

@sinode
Scroll to Top