Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Artikels

“Die eerste vyf jaar na ’n droogte is die moeilikste tyd om die boer op sy plaas te hou, want hy het nou nodig om sy kudde te bou en in so ’n toestand te kry dat hy hulle kan bemark," sê Berto Archer, veeboer van Namakwaland. Foto: Le Roux Schoeman

Droogte: ‘Die Here weet wie jy is, waar jy boer en waardeur jy gaan’

Wanneer ’n deurwinterde veeboer se keel toetrek oor skenkings van veevoer, dan kliek iets in ’n mens se eie binneste waarom landbougemeenskappe nie oornag sal herstel as ’n paar goeie reënbuie geval het te midde van ’n droogte nie, veral een gereken as van die ergstes wat die Noord-Kaap in jare getref het. Berto Archer […]

Droogte: ‘Die Here weet wie jy is, waar jy boer en waardeur jy gaan’ Lees verder

Artikels Video

’n Oggend by prof Piet Strauss (71): Oor taak, groepsgevoel en die individu

Piet Strauss staan teen die reëlings by die uitkykpunt bo die tamaai gat: 215 m diep. Die hart-en-niere-Vrystater en oud-moderator van die NG Kerk se Algemene Sinode staar woordeloos, stip na die groen oppervlak van die watermassa wat daarin opdam – ver benede ons voete. Kimberley se Gat. Wat kan ’n mens nou sê? Ons

’n Oggend by prof Piet Strauss (71): Oor taak, groepsgevoel en die individu Lees verder

Artikels Video
"Ek moes in 2007 oorvat (as moderator van die Algemene Sinode) in ’n woelige tyd," skryf prof Piet Strauss in die bydrae hieronder. "Die kwessie van Belhar as ’n bykomende belydenis vir die familie van NG Kerke was in die brandpunt, die eenheidsproses in hierdie familie was stram, die Algemene Sinode het opnuut gespook met ’n standpunt oor homoseksualiteit, die ANC onder Zuma het die NG Kerk beskou as ’n belangrike woordvoerder van die Afrikaner en ons moes praat, nuwe standpunte en nuwe maniere van doen het onrus in gemeentes veroorsaak en lidmate en groepe lidmate was bekommerd dat die NG Kerk die spoor byster raak." Foto: Le Roux Schoeman

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Piet Strauss (2007-2011)

Eenheid van NG Kerk lê nie in ’n saamstem oor alles nie, maar wel oor kernsake – Piet Strauss Hierdie rubriek vorm deel van ‘n reeks. Die Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk het in Oktober 1962 vir die eerste keer vergader. Die aanloop na die eerste sitting van die AS het reeds in

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Piet Strauss (2007-2011) Lees verder

Artikels Reeks 2: Gesprekke met Moderators
Die aantal predikantsposte het sedert 2015 van 1 304 tot sowat 820 in 2022 afgeneem en is tot so ’n mate rede vir kommer dat dit selfs ’n opwaartse aanpassing van die aftree-ouderdom ( tans vasgestel op 65) op die tafel mag plaas, word bespiegel. Die skyfie hierbo toon van die terugvoer wat ingesamel is via die jongste Kerkspieël-opname. Foto: Le Roux Schoeman

Waardevolle lesse te leer by klein gemeentes wat terugkeer na vraag oor hulle bestaansreg, sê navorsers terwyl NG Kerk stoei met swetterjoel ‘Groot Sake’ soos geld, getalle en twis

Ry van Citrusdal tot Riebeeckstad. En van Brixton tot Parowvallei-Oos – via Witrivier. Dit is nou as jy hoop soek vir die NG Kerk. Dáár is ’n soort “toekomsbeeld in die hede” te vinde vir die 371-jarige NG Kerk se oorblywende 1 062 gemeentes. Dit is volgens ’n span navorsers wat al sedert 2019 probeer

Waardevolle lesse te leer by klein gemeentes wat terugkeer na vraag oor hulle bestaansreg, sê navorsers terwyl NG Kerk stoei met swetterjoel ‘Groot Sake’ soos geld, getalle en twis Lees verder

Artikels

So what? | In gesprek met Arnold Nadel: Kweek die kerk Lazyboy-lidmate?

’n Lazyboy – as jy nog nooit een gesien het nie – is een van daardie lieflike gemakstoele waarin jy agteroor kan gaan lê met jou voete in die lug. En as ’n mens eers in hom is, is dit moeilik om weer op te staan … Dr Arnold Nadel is ’n emerituspredikant en het sy

So what? | In gesprek met Arnold Nadel: Kweek die kerk Lazyboy-lidmate? Lees verder

Artikels

So what? | In gesprek met Dewald Niemandt: Hoe lyk ’n ‘suksesvolle’ bediening?

In ’n wêreld waar die woord sukses algemeen, dog problematies is, bly Marileen Steyn soek na wat dit beteken om ’n suksesvolle bediening te hê. In gesprek met ds Dewald Niemandt ontdek sy dat die sleutel dalk in haar Graad 2-klas lê. Net onder die swartbord teen die muur in my Gr 2-juffrou se klas

So what? | In gesprek met Dewald Niemandt: Hoe lyk ’n ‘suksesvolle’ bediening? Lees verder

Artikels
Johan du Plooy (73) maak die teermengsel in die slaggat gelyk. Die linkerkantste gat is klaar voorberei en wag op sy teervulsel. Hierdie projek is deel van hulle getuienis in die gemeenskap, sê Du Plooy. Vroeër was hulle getuienis beperk tot dinge soos kos uitdeel of betrokkenheid by kinderhuise. Nou het dit ook skoonmaak- en regmaakaksies in die gemeenskap geword. Foto: Neels Jackson

Slaggate in Pretoria: Lidmate spring in … met kruiwa, pik, grawe en ysterhark

Vroeër was hierdie lidmate se getuienis beperk tot dinge soos kos uitdeel of betrokkenheid by kinderhuise. Nou het dit ook skoonmaak- en regmaakaksies in die gemeenskap geword, berig Neels Jackson. By die besige kruising van Waterbokstraat en Rachel de Beerrylaan in die noorde van Pretoria, het ’n klompie gevaarlike slaggate gevorm. Ook ander strate in

Slaggate in Pretoria: Lidmate spring in … met kruiwa, pik, grawe en ysterhark Lees verder

Artikels
Talentvolle Lindie Stander en haar hondjie Eddie oefen al hard vir hul deelname aan die RSG Red 'n Plaas-Camino wat in April plaasvind ten bate van die Droogtehulpfonds van die NG Kerk Noord-Kaapland. Foto's: Verskaf

10 vrae aan Lindie Stander | ‘Dit gaan besonders goed met my ná jare se storms en roekelose foute’

Die voormalige Binnelanders-aktrise Lindie Stander (47) beplan om in April sowat 166 km deur die Karoo te stap (saam met haar hondjie Eddie) vir die tweede RSG Red ’n Plaas-Camino – ’n projek aangebied in vennootskap met NG Kerk Noord-Kaapland en die nieregeringsorganisasies Caritas Gemeenskapsfokus, Diakonia en Agri-Noordkaap. Kerkbode het met haar gesels oor haar memoires, heelword

10 vrae aan Lindie Stander | ‘Dit gaan besonders goed met my ná jare se storms en roekelose foute’ Lees verder

Artikels

Elders gelees | Babas wat sterf ‘breek ook God se hart’ – dominee deel sy belewenis van ’n doop en begrafnis in grendeltyd

Dr Enrico Casaleggio, leraar by NG gemeente Fichardtpark in Bloemfontein, beskryf in ’n bloginskrywing op NG Kerk Vrystaat se webblad hoe sy belewenis van die doop en 12 dae later die begrafnis van ’n sieklike babadogtertjie hom in grendeltyd diep oor God se genade laat nadink én bemoedig het. LiG-getuig het onlangs sy verhaal met

Elders gelees | Babas wat sterf ‘breek ook God se hart’ – dominee deel sy belewenis van ’n doop en begrafnis in grendeltyd Lees verder

Artikels
“Mense wil dalk nie altyd vír die kerk gee nie, maar hulle gee graag déúr die kerk,” vertel Eddie le Roux vir Jaco Strydom wat met hom gesels kort na sy aftrede by NG Witrivier. Foto: Verskaf

Jaco Strydom gesels met Eddie le Roux: Kyk terug met dankbaarheid en met nuwe passie vorentoe

“Abraham Lincoln se sêding is spesiaal vir my geskryf: ‘Ek hou nie van daardie ou nie, ek sal hom beter moet leer ken,’” sê Eddie le Roux toe ek hom vra of die mense in die kerk al die lewe vir hom moeilik gemaak het. “Hierdie klink vreeslik edel, maar ek was nooit beperk of

Jaco Strydom gesels met Eddie le Roux: Kyk terug met dankbaarheid en met nuwe passie vorentoe Lees verder

Artikels
Pastoor Mario Hongolo groet ds Kobus van Tonder, met tussen hulle, ds Christo Jonck van die NG Kerk Noordkaapland op Pomfret waar hy as oud-soldaat deesdae geestelike leier is van die NG gemeente op die ‘vergete’ oud-weermagbasis. Agter regs staan Tienie Swanepoel, ringskriba van Mahikeng. Foto’s: Heléne Meissenheimer

Kerkleiers ry ver na NG gemeente op ‘vergete’ weermagbasis Pomfret in verre Noordwes

Dit was ’n lekker plek om te bly, sal inwoners en mense op buurdorpe jou vertel. Mense het van ver gery om te kom kyk na Pomfret in verre Noordwes toe dit nog die spogweermagbasis was van 32 Bataljon met ’n groot swembad, fliekteater, skole, polisiestasie en ’n kliniek. En ses kerke, waarvan een ’n

Kerkleiers ry ver na NG gemeente op ‘vergete’ weermagbasis Pomfret in verre Noordwes Lees verder

Artikels
Dr Dewyk Ungerer, die voorsitter van Noordelike Sinode se moderatuur.

Elders gelees | Oor nuwejaarsvoornemens en Wêreldbeker-rugby

Dr Dewyk Ungerer skryf: “Beste Kollega, kerkraad en gemeentes van die Noordelike Sinode, Nuwejaarsoggend – 1 Januarie 2023 – sit ons as gesin (al my kinders, kleinkinders en my 86-jarige moeder) vir die eerste keer in baie jare saam om die ontbyttafel. My seun vra toe wat elkeen se nuwejaarsvoorneme vir 2023 is. Hy maak

Elders gelees | Oor nuwejaarsvoornemens en Wêreldbeker-rugby Lees verder

Artikels Verklarings
Masedoniërs groet mekaar met die woorde “каде си?” (uitgespreek “kade si?”) wat beteken “waar is jy?” Danie en Esther van Niekerk het besluit om doelbewus met hulle lewe hierop te antwoord: “Ons sal wees waar die moeilikheid is!” skryf Jaco Strydom. Foto's: Verskaf

Jaco Strydom gesels met Danie en Esther van Niekerk: Die paradoks van witblits in ’n bottel in die vorm van ’n kruis

“Waar is Danie … en waar is ons kruiwa?” het Esther gewonder. Meer en meer desperate, moeë, moedelose vlugtelinge uit Sirië het elke dag deur hulle stad beweeg. En waar was Danie? Hy was besig om oumense wat te swak is om te loop oor die grens te stoot in hulle kruiwa. Masedoniërs groet mekaar

Jaco Strydom gesels met Danie en Esther van Niekerk: Die paradoks van witblits in ’n bottel in die vorm van ’n kruis Lees verder

Artikels

Marileen Steyn gesels met Ansie van Wyk: Ander poste ook ’n roeping

Ansie van Wyk, sekretaresse, leef ’n lewe van roeping. Nie net in haar werk nie, maar ook in haar doen en late as geheel. Dit is ’n roeping om mooi te maak, om te dien en om haar beste te gee. Marileen Steyn vertel meer.   Soos wat jy in Saldanha inry, pronk die netjiese

Marileen Steyn gesels met Ansie van Wyk: Ander poste ook ’n roeping Lees verder

Artikels

Doret Niemandt gesels met dr Thys du Toit: ‘Roeping is jou unieke bydrae’

Thys du Toit glo dat die Here deur die Heilige Gees elke mens roep om iets te doen in sy koninkryk en hy wil mense help om God se roepstem te hoor sodat hulle daardie ‘iets’ kan ontdek en gaan doen. Roeping, vertel dr Du Toit, is elke persoon se unieke bydrae tot die samelewing.

Doret Niemandt gesels met dr Thys du Toit: ‘Roeping is jou unieke bydrae’ Lees verder

Artikels

’n Agtermiddag by Peter Nagel: Oor teologie, tug en Griekse tragedie

Dit is ’n warm windstil Maandagmiddag op Stellenbosch en langs die Eersterivier bak die son die water binne ’n tuinslang wat in die skadu opgekrul lê te warm om te drink. Ek tref dr Peter Nagel, ’n seningrige 47-jarige teologiedosent, aan waar hy in sy reghoekige kantoor een verdieping bo die Kweekskoolbiblioteek voor sy lessenaar

’n Agtermiddag by Peter Nagel: Oor teologie, tug en Griekse tragedie Lees verder

Artikels
Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word.

‘Gaslighting’: Kyk uit vir hierdie kopsmokkelaars – ook in die kerk!

Wanneer jou geleefde belewenis van ’n situasie afgewater, geïgnoreer of selfs ontken word, kan dit as “gaslighting” bestempel word en dit kan gebeur binne verhoudings by die huis, werk en ook die kerk, berig Heléne Meissenheimer. Wat is “gaslighting” in Afrikaans? Dit gebeur dikwels in omgewings waar daar op ’n manier ’n magswanbalans is. Só

‘Gaslighting’: Kyk uit vir hierdie kopsmokkelaars – ook in die kerk! Lees verder

Artikels
’n Jong Oekraïense gemeente se Kersuitvoering om die werklikheid van Jesus se geboorte uit te beeld. Foto's: Verskaf

Só lyk Kersfees in Oekraïne

In Oekraïne kom Kersfees vanjaar te midde van erge winterkoue, sirenes en lugaanvalle  – maar daar is tog lig, altyd die Lig wat nie deur duisternis verdryf kan word nie, skryf Gert Pretorius. Eentonig en deurdringend klaag die sirenes in die agtergrond. Hulle waarsku teen lugaanvalle. “Dag en nag,” sê Rob1, “enige tyd. Nooit is

Só lyk Kersfees in Oekraïne Lees verder

Artikels
Marzanne Leroux-Van der Boon was bekend vir haar reeks fiksieboeke wat in Israel afspeel. Foto: Brenda Veldtman

Marzanne se hart was in Israel

Baie mense onthou baie dinge van die skrywer en vertaler, Marzanne Leroux-Van der Boon, maar veral van haar liefde vir Israel, skryf Dawid Yzelle.  In 2012 word ek en Marzanne vriende toe sy my nooi om ’n Kersfees in Jerusalem deur te bring – die plek waar sy vanaf 2001 tot en met die uitbreek

Marzanne se hart was in Israel Lees verder

Artikels

Om koor te sing

Dis ’n eiesoortige ervaring, sê dié wat weet. Dit bly jou lewenslank by. En dis nie net die goeie vriende wat jy in ’n koor maak nie; daar is vele voordele waarvan jy dalk eers later bewus word, skryf Barend Vos. Ná baie jare loop julle mekaar weer raak, dalk by ’n koorreünie, dalk sommer

Om koor te sing Lees verder

Artikels
Willie Koorts onthou nog die aand toe die hemelruim hom die eerste keer werklik aangegryp het, in die laat 1980’s by die Suid-Afrikaanse Astronomiese Observatorium (SAAO) se sterrewag, 18 km buite Sutherland, Suid-Afrika se nie-amptelike sterrekyk-hoofstad. Foto: Willie Koorts

Sterre en planete se Willie Koorts oor teleskope en wonderwerke

Gereelde luisteraars na RSG se “Sterre en planete” ken Willie Koorts as iemand wat gemaklik en kundig oor die buitenste ruimte kan gesels. Jy kan hom ook op ’n Sondag by die klankstelsel van sy tuisgemeente sien, die NG Moederkerk Wellington, waar hy dié liefdesdiens verrig, skryf Engela Duvenage.  Willie Koorts onthou nog die aand

Sterre en planete se Willie Koorts oor teleskope en wonderwerke Lees verder

Artikels

‘Ek is diep hartseer dat in my geslag ons nie kerkeenheid kon bereik nie’ – Leraar kyk terug na pad met VGK en NGK

Die stryd om Belhar het die kerk in twee kampe verdeel en hy het soms beleef dat sy wit kollegas hom as ’n verraaier sien wat saam uit een mond met die VGK praat, vertel Dawid Kuyler in hierdie terugblik na spanningsvolle tye in ons land en in die kerk. In November 2022 was dit

‘Ek is diep hartseer dat in my geslag ons nie kerkeenheid kon bereik nie’ – Leraar kyk terug na pad met VGK en NGK Lees verder

Aktueel Artikels
Scroll to Top