Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Artikels

“Konserwatiewe antwoordgedrewe teologie werk op ’n manier goed vir politici in ’n land soos Suid-Afrika, waar mense antwoorde soek en al meer hopeloos is en waar 84% van die bevolking hulleself vereenselwig met die Christelike geloof. So, die politici weet hier is ’n kieserskorps. En as jy vaagweg genoeg met God werk met daai kieserskorps, dan kan jy stemme kry!” vertel Ruhan Fourie in hierdie onderhoud met Jaco Strydom. Foto’s: Willem van den Berg

Jaco Strydom gesels met Ruhan Fourie: ‘Kerk en politiek se saamwees was destyds meer institusioneel, vandag is dit meer opportunisties’

Toe ek jonk was het die kerkmense altyd gesê, jy praat nie politiek by die kerk nie. Nou blyk dit, dit was dalk ’n fout? Die kerk was nog nooit goed met mag nie, en politici het ’n manier om godsdiens tot voordeel van hulle eie groep te manipuleer. Ek voel effe deurmekaar oor die […]

Jaco Strydom gesels met Ruhan Fourie: ‘Kerk en politiek se saamwees was destyds meer institusioneel, vandag is dit meer opportunisties’ Lees verder

Artikels

Hoe klink die Goeie Nuus in ’n post-Christendom wêreld?

Op talle plekke in die NG Kerk en wêreldwyd word evangelisasie druk bespreek. Een van die groot sake op die tafel is die vraag: Hoe lyk evangelisasie in ’n post-Christendom wêreld? “Post-Christendom” verwys na ’n werklikheid waarin die Christelike geloof en kerk nie meer dominant is nie, waar talle mense die kerk verlaat en waar

Hoe klink die Goeie Nuus in ’n post-Christendom wêreld? Lees verder

Artikels

Fokus op Bybel-Media: Boeke kry nuwe lesers via storievertellers in gemeenskap

Met ’n onlangse besoek aan Atlantis vir ’n Kerkbode-storie oor die sosio-maatskaplike krag van stories, was dit vir Bybel-Media ’n voorreg om ’n bydrae te maak tot die leesstof wat hierdie groep “Little Seeds-storievertellers” met kinders deel.   Bybel-Media is deurlopend besig om Bybelprodukte en -kursusse te ontwikkel wat gemeentes, skole en huisgesinne kan gebruik

Fokus op Bybel-Media: Boeke kry nuwe lesers via storievertellers in gemeenskap Lees verder

Artikels Bybel-Media Video
Linda Hendricks se kleinkind Nova leer sommer vroeg ’n liefde vir boeke en stories aan terwyl haar ouma as storieverteller die wonderwêreld van lees en woorde in storieboeke vir haar Little Seeds-leesgroepie in Atlantis ontsluit. Foto: Helene Meissenheimer

KYK: Om ’n kind ’n kans te gee – Só help Little Seeds se storievertellers dat kinders met agterstande kan floreer

Sy was al in Graad 2 toe kon sy nog steeds nie lees nie. Pouses het die kinders haar hieroor gespot, maar gelukkig vir klein Alicia is dit nou sy wat kan lag want sy kon smiddae by hulle buurvrou, Linda Hendricks, se Little Seeds-leesgroepie die wonderwêreld van lees en woorde in storieboeke ontdek. Vandag

KYK: Om ’n kind ’n kans te gee – Só help Little Seeds se storievertellers dat kinders met agterstande kan floreer Lees verder

Artikels Video

Kerkorde en kerkreg: ’n Staf, nie ’n stok om mee te slaan nie : In gesprek met dr Antionette Janse van Rensburg

Die Algemene Sinode van die NG Kerk vind binnekort plaas. Dit is die tyd van agendapunte en amendemente en missionale kerkordes. In hierdie uitgawe van die So What–rubriekreeks gesels dr Doret Niemandt met dr Antionette Janse van Rensburg oor die waarde van die kerkorde terwyl Marileen Steyn by prof Johan van der Merwe meer uitvind oor

Kerkorde en kerkreg: ’n Staf, nie ’n stok om mee te slaan nie : In gesprek met dr Antionette Janse van Rensburg Lees verder

Artikels

Die kerkorde maak nie die kerk nie: In gesprek met prof Johan van der Merwe

Die Algemene Sinode van die NG Kerk vind binnekort plaas. Dit is die tyd van agendapunte en amendemente en missionale kerkordes. In hierdie uitgawe van die So What–rubriekreeks gesels dr Doret Niemandt met dr Antionette Janse van Rensburg oor die waarde van die kerkorde terwyl Marileen Steyn by prof Johan van der Merwe meer uitvind

Die kerkorde maak nie die kerk nie: In gesprek met prof Johan van der Merwe Lees verder

Artikels
Die fotograaf Hanneri de Wet sê sy droom soms oor wat sal gebeur as ons almal een oggend sou opstaan en sê:“Morning, Lord, here I am! Wat doen ons vandag?” Jaco Strydom het met haar gesels oor Suid-Afrika en die kerk. Foto’s: Verskaf

Jaco Strydom gesels met die fotograaf Hanneri de Wet: ‘Fotografie gaan oor ’n oomblik in tyd wat nooit weer gaan wees nie’

Hanneri de Wet vertel stories met foto’s. Sy het die gawe van raaksien. Ek vra haar oor Suid-Afrika en die kerk. Wat sien sy? “Ek is baie mal oor hierdie land, ek is mal oor hierdie mense,” sê sy. “Mense is vir my ongelooflik mooi. Ek dink fotografie is terapeuties omdat jy so geforseer word

Jaco Strydom gesels met die fotograaf Hanneri de Wet: ‘Fotografie gaan oor ’n oomblik in tyd wat nooit weer gaan wees nie’ Lees verder

Artikels
Die eenheid in die Algemene Sinode behoort tot die wese van die kerk. Die uitdaging is om in ’n wêreld waar sosiale media, postmoderne strominge en kompleksiteit mense uitmekaar dryf, te leef uit die oortuiging dat ons ingebind is in een kerkverband, skryf prof Nelus Niemandt (links). Foto: Argief

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Nelus Niemandt (2011 tot 2015)

Nelus Niemandt kyk terug: My rol as moderator het my lewe diep geraak en verander   Die Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk het in Oktober 1962 vir die eerste keer vergader. Die aanloop na die eerste sitting van die AS het reeds in 1907 plaasgevind toe die Raad van Kerke in die lewe

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Nelus Niemandt (2011 tot 2015) Lees verder

Artikels Reeks 2: Gesprekke met Moderators
Amore Bekker en Jak de Priester groet Willistoners Nico en Nollie Esterhuyse wat op pad is om pannekoek vir die meer as 100 camino-stappers te bak. Een groot lekkerte was die maniere waarop die Noord-Kaapse boeremense kom dankie sê het vir hierdie droogtehulpprojek. Foto’s: Heléne Meissenheimer tensy anders gemeld.

RSG Red ’n Plaas Camino: ‘Ek wens elke Suid-Afrikaner kon die gees beleef …’ – Amore Bekker

“Dit is vir my fisies baie moeilik … my lyf is nie gemaak om so deur die Noord-Kaap te trek nie … dis warm, die wind waai, dis droog en dis ’n stowwerige pad …” Só verwoord radio-persoonlikheid Amore Bekker (58) haar belewenis van die 2023 Red ’n Plaas Camino terwyl ons gesels in die

RSG Red ’n Plaas Camino: ‘Ek wens elke Suid-Afrikaner kon die gees beleef …’ – Amore Bekker Lees verder

Artikels Video
Die eenheid van die kerk is veel belangriker as wat die meeste Christene verstaan. Dit sluit in eenheid met die VGK, maar meer as dit. Dit beteken ook nouer bande met ander kerke – ook die sogenaamde AIC’s (African Indigenous Churches), skryf dr Coenie Burger.

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Coenie Burger (2002 tot 2007)

NG Kerk verbind haar tot ‘nuwe Suid-Afrika’ en herbou ekumeniese verhoudings – Coenie Burger oor sy termyn as moderator van die Algemene Sinode   Die Algemene Sinode (AS) van die NG Kerk het in Oktober 1962 vir die eerste keer vergader. Die aanloop na die eerste sitting van die AS het reeds in 1907 plaasgevind

Reeks: Gesprekke met moderators van die Algemene Sinode: 1962 tot op hede | Coenie Burger (2002 tot 2007) Lees verder

Artikels Reeks 2: Gesprekke met Moderators
Brixton Kerk beskou hulleself as ’n vennoot in die gemeenskap. Hulle is aktief betrokke in en ook beskikbaar vir die hele gemeenskap. In ’n area wat baie sangomas en kwaksalwers huisves, is pastorale versorging uiters uitdagend, maar omdat die gemeenskap vir Hennie vertrou, kom sien hulle hom gereeld. Bo en behalwe vir die eredienste en pastorale betrokkenheid in die gemeenskap, akkommodeer hulle graag gemeenskapsbyeenkomste in hulle kerkgebou en kerksaal. Foto's: Mias van Jaarsveld

Brixton: As mens sukses sou meet aan getalle en geld, sou jy dink dié gemeente is onsuksesvol. En tog…

Die NG Kerk se 2030-droomscenario veronderstel gelyktydig die kerk waaraan ons wil behoort en verteenwoordig ook die kerk waarvan ons reeds deel is, berig Mias van Jaarsveld. In Oktober van 2019 het ek in my bakkie geklim en Benoni toe gery. Ek het as “jeugwaarnemer” die NG Kerk se Algemene Sinodesitting bygewoon. Rondom die tafels

Brixton: As mens sukses sou meet aan getalle en geld, sou jy dink dié gemeente is onsuksesvol. En tog… Lees verder

Artikels

Jaco Strydom gesels met Ronell Bezuidenhout | ‘Ek preek deesdae vir mense om openlike waardeerders te word, waar dinge reg werk’

“Ek is gebore op Welkom, op ’n dag toe dit gesneeu het, in Augustus, en vir ’n oomblik is ek omgeruil en vir die verkeerde ma gegee. My eerste moedersmelk was dus van ’n ‘mev Van Vuuren’ af en nie van Mev Bezuidenhout af nie; van daai dag af was ek reeds anders,” vertel Ronell

Jaco Strydom gesels met Ronell Bezuidenhout | ‘Ek preek deesdae vir mense om openlike waardeerders te word, waar dinge reg werk’ Lees verder

Artikels
Statistiek wys ook dat 97% siggestremde persone in SA werkloos is en dus nie die ontwikkeling van hul eie toeganklike lees- en leermateriaal kan bekostig nie. Pionierdrukkery bedien dus ’n baie klein, minder bevoorregte mark, met ’n duur, maar noodsaaklike produk vir geletterdheid, vertel Schalk Hugo, die uitvoerende hoof. Foto: Verskaf

FOKUS OP SIGGESTREMDHEID: Pionierdrukkery ‘bedien mark met noodsaaklike produk vir geletterdheid’

Ongeveer 9.3%  van die SA bevolking persone met swak sig en 1.7% met ernstige siggestremdhede, volgens sensusdata. Pionierdrukkery fokus daarop om mense wat nie meer gewone drukskrif kan lees nie, dieselfde toegang te gee tot hul gunsteling-leesstof.  Dié organisasie het in 2021 befondsing vanaf die Nasionale Lotery ontvang om ’n oudiotydskrif en -boekklubdiens vir siggestremdes

FOKUS OP SIGGESTREMDHEID: Pionierdrukkery ‘bedien mark met noodsaaklike produk vir geletterdheid’ Lees verder

Artikels Boeke
‘Dit is ’n voorreg om die lewe te bevraagteken deur die lens van stories,’ vertel Elmarié Dercksen oor haar debuutroman, Gawe van groen. Foto: Heléne Meissenheimer

KYK: Dominee se debuutroman vra vrae oor vrouwees in manswêreld

As ’n jong meisie in die Vrystaat het sy twee goed ontdek. Dat sy mal is oor stories, én dat twee stelle reëls geld vir seuns en meisies. Hiervan het sy niks gehou nie. Soos dat seuns nie daarvan hou as jy ’n meisie is wat baie vrae vra in die Graad 11-katkisasieklas nie. Dan

KYK: Dominee se debuutroman vra vrae oor vrouwees in manswêreld Lees verder

Artikels Video
Die Pelgrimstog van Hoop is ’n groeiende netwerk veeldagroetes waar stappers “graad vang” in stilte, stap, uitputting en gasvryheid.
PELGRIMSTOG VAN HOOP BREI VERDER UIT: Om te stap deur die Strandveld – een plaas en nedersetting op ’n slag – om as ’t ware binnegelaat te word – is kennelik ’n voorreg en meer as ’n persoonlike kopreis. Dit is ’n onderdompeling in die kompleksiteit van ons land, ekonomie en samelewing. Foto's: Le Roux Schoeman

Pelgrimstog van Hoop: Stappers vind hulle ‘hoekom’ langs die pad (en nuwe roete wink)

Wat is die Pelgrimstog van Hoop? Die Pelgrimstog van Hoop is ’n groeiende netwerk veeldagroetes waar stappers “graad vang” in stilte, stap, uitputting en gasvryheid. En beweeg in ’n spiritualiteit wat dalk te min met die NG Kerk verbind word. Le Roux Schoeman stap saam en doen verslag. Een na die ander het hulle op

Pelgrimstog van Hoop: Stappers vind hulle ‘hoekom’ langs die pad (en nuwe roete wink) Lees verder

Artikels
Prof. Hannes Knoetze (staande) was onlangs vir ’n naweek op Kimberly om opleiding te gee aan lidmate wat die bedienaarskursus volg om preekbevoegdheid te verkry. Die belewenis gee hom hoop vir die toekoms van die NG kerk in Noord-Kaapland, skryf Estian Mentz. Foto: Estian Mentz

Dit skep hoop: Lidmate wat opstaan en roeping herken en erken …

Dit is bitter om te erken dat ons gemeentes besig is om die kapasiteit te verloor om voltydse predikante te kan bekostig, maar dit is die werklikheid van baie plattelandse gemeentes in die Noord-Kaapland, skryf Estian Mentz. Die landskap van die kerk is besig om te verander … ’n Mens hoor dit op verskillende plekke,

Dit skep hoop: Lidmate wat opstaan en roeping herken en erken … Lees verder

Artikels

Pelgrims, stappers en nuuskieriges: Nuwe roete wink ná sukses van Tuinroete se buitekerkie-roete

Vyf stappers is tans in die Overberg op ’n verkenningstog om die jongste toevoeging tot die netwerk roetes onder die vaandel van die Pelgrimstog van Hoop te deurtrap en die Overbergse gasvryheid sommer bietjie te proe-toets. Ná die gewildheid van die Tuinroete-pelgrimstog, waaroor Kerkbode in 2021 berig het en wat reeds honderde rooihoed-stappers in hierdie

Pelgrims, stappers en nuuskieriges: Nuwe roete wink ná sukses van Tuinroete se buitekerkie-roete Lees verder

Artikels

In gesprek met Marius Nel: Om Jesus te sien voor jy ‘eendag in die hemel kom’

As jy vanaand sou doodgaan, is jy seker dat jy hemel toe gaan? Dit is ’n vraag wat in die verlede moes lei tot jou bekering. Jy kon selfs ’n kursus loop wat jou sou leer hoe om hierdie vraag aan ander mense te stel en so die evangelie te verkondig. Prof Marius Nel meen

In gesprek met Marius Nel: Om Jesus te sien voor jy ‘eendag in die hemel kom’ Lees verder

Artikels

In gesprek met Coenie Burger: ‘Ons dink ons verstaan vir Jesus … Dit is waar ons die fout maak’

Soos ’n goue draad is die betekenis en verkondiging van die evangelie deur dr Coenie Burger se lewe en werk vervleg. Dit is ook duidelik in die geval van sy nuutste boek getiteld Ons wil Jesus sien. Marileen Steyn vind meer uit. Ongeveer 40 jaar gelede het Coenie Burger sy PhD-tesis oor die verhouding tussen

In gesprek met Coenie Burger: ‘Ons dink ons verstaan vir Jesus … Dit is waar ons die fout maak’ Lees verder

Artikels

Promosie-artikel: Veritas College se opleiding in KwaZulu-Natal (KZN)

In KwaZulu-Natal sien die NG Kerk, die VGKSA en die RCA nuwe energie by gemeentes danksy die “KZN Outreach” netwerk wat plaaslike kerkleiers en plaaslike bedienaars ondersteun met teologiese opleiding by Veritas College. Dr Lourens Schoeman vertel meer. Soos in die meeste streeksinodes stoei die NG Kerkfamilie in KwaZulu-Natal (KZN) met kreatiewe nuwe maniere om die

Promosie-artikel: Veritas College se opleiding in KwaZulu-Natal (KZN) Lees verder

Artikels
“Iets belangriks van Suid-Afrika sal verlore gaan as die NG Kerk nie meer bestaan nie,” hoor Jaco Strydom by Ivor Swartz en Rudi Swanepoel. Foto: Verskaf

PODSENDING: Jaco Strydom gesels met Rudi en Ivor oor die kerk en die land wat brand

As jy Rudi Swanepoel en Ivor Swartz se gesprekke kon afluister, sou jy hoor hoe hulle een oomblik kwaad is, moeilike vrae vra of sommer uit die bloute een of ander wilde belydenis maak en dan weer skielik, hoe hulle skerts en lag; en heel waarskynlik al die bogenoemde in die bestek van ’n paar

PODSENDING: Jaco Strydom gesels met Rudi en Ivor oor die kerk en die land wat brand Lees verder

Artikels
Scroll to Top