Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Artikels

Die foto is van die Muller-gesin van Stellenbosch. Op die voorgrond, die ouers; prof CFJ Muller, ’n dosent aan die Kweekskool. Tobie, hulle jongste seun (1884-1918) staan links agter.

Terugblik: Preke en sterftes te midde van die Groot Griep

Hoe is die Groot Griep ’n eeu gelede in kerkgeledere verstaan? Jan Lubbe stel ondersoek in. Op Donderdag 31 Oktober 1918 het De Kerkbode soos gebruiklik weer deur die pos gekom. Dit was nie vanselfsprekend nie, hier midde-in die Groot Griep. Twee dekades tevore het sy net-net die hitte van die oorlogstryd van 1899-1902 deurleef. […]

Terugblik: Preke en sterftes te midde van die Groot Griep Lees verder

Artikels

Wenke vir virtuele pastoraat

Daar is ’n nuwe land wat ons almal betree. Ek hou daarvan om daaraan te dink as die land van die Korona-kuberruimte. En soos by enige land, kry ons ’n stempel vir elke grens waardeur ons beweeg. Die meeste van ons het al die Prediking-grenspos oorgesteek. Ons het geleer van Facebook live, Zoom-gesprekke en video-redigering.

Wenke vir virtuele pastoraat Lees verder

Artikels Koronavirus

Leierskap in ’n tyd van krisis – verleentheid of geleentheid? 

In krisistye is dit ’n kwessie van aanpas en innoveer, of uitsterf, skryf Jurie Vermeulen.  Mense word tans wêreldwyd gyselaar gehou deur ’n kwaadwillige vyand wat so mikroskopies klein is, dat dit onsigbaar is met die blote oog. Daar word beraam dat 30% van die wêreld se bevolking tans een of ander vorm van kwarantyn

Leierskap in ’n tyd van krisis – verleentheid of geleentheid?  Lees verder

Artikels Koronavirus

Hoe lyk begrafnisse wanneer ander nie daar kan wees nie?

Vir ’n lang tyd het ons nie nodig gehad om te dink oor ’n samelewing en ’n manier van lewe waar ons fisiese teenwoordigheid ’n bedreiging is vir die mense rondom ons nie. Ons kon aan die lewe deelneem in sowel die fisiese as die digitale wêreld, en hierdie deelname was tot ’n mate sonder

Hoe lyk begrafnisse wanneer ander nie daar kan wees nie? Lees verder

Artikels Koronavirus
'n Skermgreep uit die verslag deur die navorsingsmaatskappy Kantar wat voorspel dat die Koronavirus 'n waterskeiding vir die mensdom mag wees.

Korona: SA steun swaar op sosiale media, vrees vir geldsake

Suid-Afrikaners se Facebookgebruik het met 43% toegeneem en WhatsApp hou ons selfs nog meer besig as gewoonlik. Die boodskap-toep se gebruik het met 45% toegeneem, terwyl plaaslike radiostasies se luistertal met 30% geklim het, volgens data wat vandeesmaand (Maart) deur die navorsingsmaatskappy Kantar bekendgestel is. Maar die storie van Covid-19 is veel groter as ‘Pandemie

Korona: SA steun swaar op sosiale media, vrees vir geldsake Lees verder

Artikels Koronavirus

Onderhoud met moderator ná ASM-vergadering

Kerkbode (KB): Daar was ’n gemoedelike atmosfeer toe die moderamen van 3-5 Maart in Benoni vergader het. ’n Atmosfeer wat die koerantleser wat meer van twis en onmin te hore kom, dalk sal verras. Hoe werk dit? Hoekom is daar hierdie oënskynlike teenstrydigheid? Nelis Janse van Rensburg (NJ): Die lede van die ASM is goeie

Onderhoud met moderator ná ASM-vergadering Lees verder

Artikels

‘Ons is die nuwe donkies’

Geskiedenis is gemaak toe die eerste 20 proponente as diens­leraars op 3 Maart op Stellenbosch gelegitimeer is. Drie kandidate is ook as leraars gelegitimeer, skryf dr Frederick Marais. Aan die einde van die diens het prop Melanie Thirion na diens­leraars as “donkies” verwys. Sy het die verhaal vertel van die sen­delinge wat olv dr Andrew

‘Ons is die nuwe donkies’ Lees verder

Artikels
'Die hoofdoel met die aanbieding van hierdie program in gevangenisse is om aan die gevangene wat ’n klaarblyklike mislukte eerste begin in sy of haar lewe gehad het, met ’n nuwe begin te help," vertel ds Jannie Booysen. Foto verskaf

Arbeidsbediening: Nuwe begin vir gevangenes

“It taught us how to live a life without harming other people or doing crime …” “All of these that I have learned are going to be my tools that I am going to use to change my life … that I will make good choices in life.” Só skryf van die jeuggevangenes van Korrektiewe

Arbeidsbediening: Nuwe begin vir gevangenes Lees verder

Artikels
Die uitstalling getiteld “Stasies van die Kruis” is van 13 Maart tot 12 Junie by die NG gemeente Franschhoek se kerkgebou te sien.

‘’n Kreatiewe grootmens is ’n kind wat survive het’

Kuns is vir hom ’n leef­wyse, ’n roeping selfs, vertel Marius Lourens, ’n predikant-kunstenaar van Port Elizabeth, aan Jacobie M Helena op die vooraand van die uit­stalling van ’n reeks van sy beelde wat vir Paasfees by die NG Kerk Franschhoek te sien sal wees. Kerkbode (KB): Vertel bietjie meer oor jou loopbaan as leraar

‘’n Kreatiewe grootmens is ’n kind wat survive het’ Lees verder

Artikels
Carina Stander. Foto's: Hanno Coetzee

‘Bekorende’ gelykenisse

Wanneer jy die skrywer van Die Wonderwese, wat beskryf word met woorde soos “’n ver­beeldingsvlug en verbeeldingsvrug” en “genre-brekende bekoringsroman” uitvra oor haar vermoë om in haar boe­ke ’n verstommende towerwêreld te ver­woord, kom haar vele reise regoor die wêreld ter sprake. As reisjoernalis en natuurliefhebber maak Carina Stander dit haar besigheid om gereeld ’n

‘Bekorende’ gelykenisse Lees verder

Artikels
Louis van der Riet gesels oor die afgelope jaar van sy bediening op die einste stoel waar hy talle pastorale gesprekke gehad het. Gay mense van regoor die land het hom gekontak omdat hulle graag met hom wou gesels. Louis verduidelik: “Al weet jy iemand is pro-gay is dit ontsettend waardevol om met iemand te praat wat jou werklik verstaan omdat hy ook dieselfde pad stap.” Foto’s: Le Roux Schoeman

Louis van der Riet: ‘Vertrou my getuienis’

Dis ’n jaar sedert Louis van der Riet in die NG Kerk bevestig is. Conette le Roux het met hom gaan gesels oor versoening, begrafnisse en seksua­liteit. Louis van der Riet gesels oor ’n koppie filterkoffie in die grys baksteenkerkgebou in Kraaifontein oor die pad wat hy die afgelope jaar ge­stap het. Op 17 Februarie

Louis van der Riet: ‘Vertrou my getuienis’ Lees verder

Artikels
Jaco Strydom (links) in gesprek met Eberhard Bertelsmann by die opneem van die podcast wat ook hieronder geluister kan word.

Hoogtepunte én donker dae

Ek gesels nou die dag met oud-regter Eberhard Bertelsmann oor moeilike goed, onder andere Eskom, disfunksionele stadsrade, SAL … ek vra hom wat hom nog hoop gee vir Suid-Afrika? “Jy moet onthou ek het my geloof,” sê hy, “en ek het my eie verhaal van waar die Here my kom vat het.” Jy sou ’n

Hoogtepunte én donker dae Lees verder

Artikels luister Rubrieke
Chris en Noëlla Semme­link.

So help mentors gevangenes … en word self geestelik verryk

“Hierdie bediening gee ’n mens die geleentheid om in die gemak van jou eie huis die evangelie te deel,” skryf dr Daléne Flynn. Crossroads Prison Ministries be­staan sedert 2011 in Suid-Afrika. Dit is egter al in die tagtigerjare deur Tom de Vries, ’n eiendomsagent, in die VSA (Amerika) begin. Die bediening werk op ’n mentorsisteem

So help mentors gevangenes … en word self geestelik verryk Lees verder

Artikels
“Die droogte is vernietigend,” vertel Louise Symington, wie se man Willem in die Williston-omgewing boer. Foto: Louise Symington

Droogte: Hoe baklei jy teen die natuur, God?

Om oor droogte te skryf is nie so maklik nie want droogte het soveel verskillende kante dat jy nie weet waar om te begin nie. Jy sou kon skryf oor die finansiële of die emosionele impak wat droogte het, hoe swaar die die­re kry en letterlik doodgaan van te min kos. Of jy sou kon

Droogte: Hoe baklei jy teen die natuur, God? Lees verder

Artikels
Prof Allan Boesak (links) en dr Henco van der Westhuizen gesels in die raadsaal voor Van der Westhuizen se lesing. Foto: Jacobie M Helena

‘Bonhoeffer vra dade, nie net woorde’

Sowat 160 kongresgangers van 13 verskillende lande het ’n vierjaarlikse kongres oor die Duitse teo­loog Dietrich Bonhoeffer op Stellen­bosch bygewoon om sy lewe en teologie te bespreek en met hedendaagse wêreldkwessies in verband te bring. Die ongeveer 80 bydraes het gewissel van klimaatsverandering tot migrasie, van armoede tot rassekwessies en van tronkteologie tot musiek. Aartsbiskop

‘Bonhoeffer vra dade, nie net woorde’ Lees verder

Artikels
Robin Spengler (voor in die kapel met onderbaadjie) is ’n koördineerder by Boland Prisons Ministry en ’n bekende hier in die kapel by die maksimumsekerheidsentrum. Hy is een van die godsdienssorgspan by die Departement Korrektiewe Dienste (DKD) se medewerkers wat weer op sy beurt van Nehemia-Bybelinstituut (NBI) se kursusmateriaal vir gevangenisbediening met gevangenes behandel. Foto: Le Roux Schoeman

Maksimum genade

Nkosivumile White swaai sy arms omhoog in sy oranje uniform terwyl hy en ’n dosyn of wat medegevangenes praise & worship in ’n vertrek met ’n houtkruis teen die muur en ’n kringtelevisiekamera op die nok bo die preekstoel. ‘Maksimum’ hou kerk. “O, Glorify,” sing White in ’n stem wat tesame met die ander mans

Maksimum genade Lees verder

Artikels Video
Riana Furniss

‘Onderwysstelsel nie gerat vir trauma’

Vroeëkinderontwikkeling (VKO) word gesien as ’n “reddingsboei” in ’n stukkende samelewing. “Dit is deel van die oplossing, maar meer kompleks as dit, sê Riana Furniss, senior maatskaplike werker by Steinthal-kinderhuis in Tulbagh. CONETTE LE ROUX het met haar gesels oor emosionele wonde, ouers wat nie hulle kin­ders kán of wíl opvoed nie, en terapie. Jy

‘Onderwysstelsel nie gerat vir trauma’ Lees verder

Artikels
Dr Gideon van der Watt

‘’n Groot geskenk maar ook pyn, skaamte en ontnugtering’

Dr Gideon van der Watt, voormalige uitvoerende amptenaar van Bediening: Vennote in Getuienis van die NG Kerk Vrystaat, kyk terug oor sy bediening van 40 jaar in die NG Kerkfamilie. My 40-jaar-bedieningstyd in die NG Kerkfamilie was ’n groot geskenk, vol ryke er­varings en momente om jou aan te ver­wonder, maar dikwels ook pyn, skaamte

‘’n Groot geskenk maar ook pyn, skaamte en ontnugtering’ Lees verder

Artikels
Scroll to Top