Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

J

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 10 April 2026)

Hierdie kennisgewings is op 10 April 2026 opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za. BEROEP Dr Trix Truter (brugleraar) na Vorentoe. WES-KAAPLAND BEVESTIGING Ds Pierrié Kies word Sondag 12 April 2026 by NG Kerk Ceresvallei bevestig. (WP du Plessis, skriba: Ring van Tulbagh, 06.04.2026). EMERITAAT Ds Chris Barnardo, predikant van NG Gemeente Kuilsrivier-De Eike, het op […]

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 10 April 2026) Lees verder

Amptelik

NG Boksburgpark: Orrelis vir oggenddienste

Boksburgpark-gemeente maak hiermee bekend dat ons van voorneme is om ’n orrelis, wat die musiekbegeleiding van ons oggenddienste sal waarneem, aan te stel. Vakature: Orrelis vir oggenddienste NG Gemeente Boksburgpark is geleë in Libradene, Boksburg. Ons is ’n klein gemeente wat ons gemeenskap dien. Ons oggenddiens kan beskryf word as tradisioneel – vernuwend. Ons is

NG Boksburgpark: Orrelis vir oggenddienste Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Kerk Barkly-Oos: Leraarspos

Vakature: Leraarspos Gemeenteprofiel: Die NG Gemeente Barkly-Oos is suid van Lesotho in die skilderagtige suidelike Drakensberge geleë, sowat 115 km oos-suidoos van Aliwal-Noord. Dit is ’n landbou omgewing met toerismepotensiaal. Forelhengel, bergfietsry en 4×4-roetes is van die gewilde sportsoorte in die omgewing. Sowat 150 belydende en 23 dooplidmate is deel van die gemeente. Die gemeente

NG Kerk Barkly-Oos: Leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures
Ds Danie Oosthuizen, afgetrede leraar, is op 6 April in ’n buitekamer by sy huis aan die Oos-Rand dood aangetref. “Ds. Oosthuizen se wysheid, integriteit en diensbaarheid het ’n blywende indruk gelaat. Sy liefde vir die kerk en groter kerk en sy toewyding aan die werk van die sinode word met groot dankbaarheid onthou,” luidens ’n verklaring deur Sinode Hoëveld. Foto: Verskaf

‘Groot boom op brutale wyse verwyder,’ sê vriend oor dood van afgetrede predikant, Danie Oosthuizen

Ds Danie Oosthuizen, afgetrede leraar, is op 6 April in ’n buitekamer by sy huis aan die Oos-Rand dood aangetref. ’n Moordsaak word ondersoek. Hy sou op 30 April 75 word. Nou, in plaas van ‘n verjaardag, is dit ’n gedenkdiens wat vir hom beplan word op 17 April om 11:30 by die NG Gemeente

‘Groot boom op brutale wyse verwyder,’ sê vriend oor dood van afgetrede predikant, Danie Oosthuizen Lees verder

Nuus
Nienkie en Anke Grobler bereik met ’n biblioteekboksprojek sowat 2 000 kinders in afgeleë gemeenskappe in die Oos-Kaap.
Nienkie en Anke Grobler bereik met ’n biblioteekboksprojek sowat 2 000 kinders in afgeleë gemeenskappe in die Oos-Kaap. Foto's: Heléne Meissenheimer

Ma en dogter bring bokse vol boeke na kinders – ‘Ek wens meer gemeentes wil so iets doen,’ sê dominee wat projek begin het

Nienkie en Anke Grobler bereik met ’n biblioteekboksprojek sowat 2 000 kinders in afgeleë gemeenskappe in die Oos-Kaap. Heléne Meissenheimer ry saam in hulle VW Caddy. Nienkie Grobler doen een ding al vir sewe jaar. Sy deel haar liefde vir boeke en stories met voorskoolse kinders in ’n verafgeleë diep plattelandse deel van die Oos-Kaap.

Ma en dogter bring bokse vol boeke na kinders – ‘Ek wens meer gemeentes wil so iets doen,’ sê dominee wat projek begin het Lees verder

Artikels
Eers was die vraag vir joernaliste “hoeveel mense kliek hoeveel keer op ’n storie?” Nou lyk dit asof impak toenemend gemeet word deur te vra, "hoe handhaaf jy uiteenlopende kontakpunte met lesers en hoe sluit jy betekenisvol aan by gesprekke wat reeds binne gemeenskappe gevoer word?" Le Roux Schoeman is redakteur van Kerkbode. Foto: Argief

Mediarubriek: Is daar nog iets soos ’n getroue leser in ’n see van inhoud wat op sosiale media onderdeur ons duime rol?

Die afgelope drie maande het sowat 21 000 mense gemiddeld 55 000 keer per maand op Kerkbode se aanlyn inhoud gekliek, volgens Google Analytics. ’n Berig oor Wêreldbiddag vir Vroue gevolg deur berigte en briewe oor die GKSA se besluit dat vroue nie as ouderlinge mag dien nie, was die mees gelese stories. Maar heel

Mediarubriek: Is daar nog iets soos ’n getroue leser in ’n see van inhoud wat op sosiale media onderdeur ons duime rol? Lees verder

Redakteursbrief
In hierdie video vertel tieners van hul belewenis tydens 2026 se #Imagine. Skermgreep: Youtube.com/@kaapkerk1665

Elders gesien: Tieners vind hul plek in God se storie

Twee tieners, Jeanine Jordaan en Evan Kruger, vertel van hul belewenis tydens 2026 se #Imagine. Nadia Muller, wat as ankeraanbieder vir dié geleentheid opgetree het en Marius Schoombie, een van die leiers, deel ook wat hul by die groep van meer as 700 tieners beleef.  Onder die tema Geroep en Gestuur het jongmense ontdek dat hulle

Elders gesien: Tieners vind hul plek in God se storie Lees verder

Nuus

NG Kerk Springs-Oos: Voltydse leraar – Twee jaar vastetermynpos (kan verleng word)

Vakature: Voltydse leraar Twee jaar vastetermynpos (kan verleng word) GEMEENTEPROFIEL: NG Kerk Springs-Oos is ’n gemeente waar lidmate geestelik groei deur die suiwer verkondiging van die Woord, pastorale versorging en diens aan mekaar en die gemeenskap. Daar is ’n goeie verspreiding van lidmate oor die hele ouderdomspektrum. LERAARSPROFIEL: Gelegitimeerde predikante van die NG Kerk met

NG Kerk Springs-Oos: Voltydse leraar – Twee jaar vastetermynpos (kan verleng word) Lees verder

Afgehandelde vakatures

Algemene Sinode NG Kerk: Administratiewe assistent

Doel van die pos Die Algemene Sinode het tans ’n vakature (permanente posisie) vir ’n administratiewe assistent. Die suksesvolle kandidaat sal ’n omvattende ondersteuningsdiens aan die kantoor van die Algemene Sinode bied. Sleutelverantwoordelikhede: Ontvangs en kliëntediens: Verwelkom en ontvang besoekers op ’n vriendelike en professionele wyse. Hanteer inkomende en uitgaande telefoonoproepe. Bestuur die ontvangsarea en

Algemene Sinode NG Kerk: Administratiewe assistent Lees verder

Afgehandelde vakatures

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Toe begin die Camino my vang …

Erns Grundling het op sy televisieprogram gesê daar is perde op Las Herrerías voor die klim tot bo by O Cebreiro, maar toe ek die dag daar kom, is daar geen perd in sig nie. Dit was nog pikdonker in die herberg dié oggend toe ek agterkom my gunsteling-donkerbril is weg. Ek wou nie die

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Toe begin die Camino my vang … Lees verder

Tussenin
Die kerk behoort “die sataniese leerstelling” (Karl Barth se woorde) dat oorlog onvermydelik is teen te staan.

Nadia Marais | Oorlog en gerugte van oorlog: Geseënd is die vredemakers

Oraloor word ons gekonfronteer met oorlog en gerugte van oorlog. Volgens die Kopenhagen Vredesverslag (2025) woed daar wêreldwyd meer as 50 gewapende konflikte, waarvan 11 volskaalse oorloë is. Volgens hierdie verslag is dit die grootste hoeveelheid gewapende konflikte sedert die Tweede Wêreldoorlog. Die Switserse teoloog Karl Barth sou in 1951, in sy Kerklike Dogmatiek III/4

Nadia Marais | Oorlog en gerugte van oorlog: Geseënd is die vredemakers Lees verder

Gedagtes oor kerkwees
Vir 43 dae vanaf Aswoensdag was U2 se “Days of Ash” vir my 'n Lydenstyd-klankbaan. “Easter Lily” kom seën ons met Paasfees hoop. Mag die Paaslelie vir jou blom op Opstandingsondag, skryf Francois Mulder.

’n Tyd vir fluistergebede en opstandingsliedere

Die Ierse rockgroep U2 het op Goeie Vrydag 2026 onverwags nóg ’n EP, “Easter Lily,” vrygestel – net ses weke ná hul Aswoensdag-EP “Days of Ash.” Francois Mulder skryf oor hierdie meer intieme versameling liedere wat klink soos fluistergebede, pelgrimspsalms en paasfeesliedere vir ’n stukkende wêreld.   Dit is Vrydagoggend, 3 April 2026. Goeie Vrydag.

’n Tyd vir fluistergebede en opstandingsliedere Lees verder

Artikels

Kortlyste van die Andrew Murray Desmond Tutu Prysfonds se pryse vir 2026 bekend

Die kortlyste* vir die boekpryse wat op 29 Mei 2026 toegeken word is pas bekend gemaak. Die pryse dien veral as aansporing en erkenning vir skrywers om gehalte publikasies op teologiese en Christelike gebied in al ons landstale te lewer. Die kortlyste vir toekenning in 2026 is in alfabetiese volgorde volgens skrywer. Andrew Murray Prys

Kortlyste van die Andrew Murray Desmond Tutu Prysfonds se pryse vir 2026 bekend Lees verder

Verklarings
Staan jy op die koppie buite die dorp, sien jy die NG Kerk Carnarvon se swart weerhaan en bruin gesteentes. Die gemeente val in die gelyknamige ring van Carnarvon en laasgenoemde is in 1980 gestig as die jongste van die NG Kerk in Noord-Kaapland se 11 ringe, wat altesaam sowat 81 gemeentes verteenwoordig, van Deben tot Kakamas, van Tadcaster tot Plooysburg. Kerkbode het gaan loer deur die klein sleutelgat van drie dae na hoe NG Kerk Carnarvon funksioneer. Ons gasheer was ds Marisa Vermeulen (links bo). Na ’n gemeentejaar by Mosselbaai Moedergemeente het Vermeulen, oorspronklik van Beaufort-Wes, hier in die Karoo kom vestig met haar man FA, ’n boer van die omgewing. Die twee het ’n babadogtertjie, Emari. Foto's: Le Roux Schoeman

Gemeentebesoek in die Bo-Karoo: Drie dae op Carnarvon

“Ek wil skape deurweeg en ontwurm. Jy kan help,” sê Daniël Vermeulen aan die dominee wat by hom opdaag vir huisbesoek. Tjoef-tjaf swaai ds Marisa Vermeulen die spuitkan op haar rug en werk een na die ander skaap soos hulle deurkom uit die kraal. Carnarvon in die Bo-Karoo lê sowat tien ure se ry uit

Gemeentebesoek in die Bo-Karoo: Drie dae op Carnarvon Lees verder

Artikels

Van die kantlyn | Oor wat wag vir die eerste sonstrale op Paassondag my geleer het

Wat is so belangrik aan Paasfees? Iemand vra my nou die dag hierdie vraag en ek stop myself om die Sondagskoolantwoorde te gee. Dit is ’n goeie vraag om by stil te staan, want ek onthou as kind my eie gemengde gevoelens oor Paasnaweek. Nie oor ek die gebeure betwyfel het nie, maar omdat ek

Van die kantlyn | Oor wat wag vir die eerste sonstrale op Paassondag my geleer het Lees verder

Rubrieke

United Church Malelane/Komatipoort: Leraar

Die kerkraad van die United Church of Christ the King (UCCK) wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos. Vakature: Leraar Sluitingsdatum: 31 Mei 2026. Dienstermyn: Vyf jaar kontrak, hernubaar. Gemeenteprofiel: United Church of Christ the King (UCCK) is ’n gekombineerde gemeente: Anglikaans/Metodis/Presbiteriaans. Die gemeente het sowat 200 belydende lidmate, verdeel tussen twee bedieningspunte,

United Church Malelane/Komatipoort: Leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 3 April 2026)

Hierdie kennisgewings is op 3 April 2026 opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za. BEROEP Ds M (Monozel) Els van Drie Riviere na Uitenhage-De Mist. AANVAAR Prof J (Juanita) Meyer as diensleraar na Waterbron; prop D (Donovan) Weber as diensleraar na Greytown. OOS-KAAPLAND BEROEP Ons gee hiermee kennis dat ds Monozel Els van die NG Gemeente

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 3 April 2026) Lees verder

Amptelik
In hierdie Kollig-episode gesels dr Nioma Venter en sielkundige Erich Schoeman oor wat met mens agter die stuurwiel gebeur en sy vertel meer oor ’n nuwe gebedsgids vir Paastyd.

Kollig-podsending | Oor ‘getuienis’ agter die stuurwiel + ’n gebedsgids vir Paastyd – Gesprek met Nioma Venter en ander

In die kerk hoor ons baie oor wat dit beteken om oor jou geloof te getuig, maar wat van geloof op die pad? Met Paasnaweek om die draai, een van die besigste tye op ons paaie, fokus ons in hierdie Kollig-episode op wat met mens agter die stuurwiel gebeur. Sielkundige Erich Schoeman verduidelik wat is

Kollig-podsending | Oor ‘getuienis’ agter die stuurwiel + ’n gebedsgids vir Paastyd – Gesprek met Nioma Venter en ander Lees verder

Nuus
Marie Vermeulen (links), haar man Daniël en hulle gesin boer buite Carnarvon in die Noord-Kaap. Die paartjie praat in hierdie podsending (10 min 18 sek) oor hulle belewenis van die soort veeljaardroogte wat al vele plattelandse gemeenskappe in Suid-Afrika met rampspoedige gevolge getref het. Foto: Le Roux Schoeman

Podsending: ‘Die droogte het ons gemaak wie ons is’ – paartjie uit die Karoo deel hoe swaarkry hulle gevorm het

“Ons het in die kerk gesit, dan is dit groot ooms wat huil dat die banke ruk.” Só onthou Marie Vermeulen die droogte wat in hulle deel van die Karoo geduur het van 2016 tot November 2021. Marie, haar man Daniël en hulle gesin boer buite Carnarvon in die Noord-Kaap. Sy praat in hierdie podsending

Podsending: ‘Die droogte het ons gemaak wie ons is’ – paartjie uit die Karoo deel hoe swaarkry hulle gevorm het Lees verder

Artikels
Mariette Beukes is die stigter van ‘Die Anties bring weer hoop’ - vyf vroue van Pretoria wat gratis kunsklasse aanbied vir boervroue in droogtegeteisterde gebiede. Foto: Verskaf

Elders gesien: Span uit Pretoria beplan tweede kunsklastoer in droeë gebiede

In 2025 het vyf vroue van Pretoria gratis kunsklasse aangebied vir 902 boervroue in droogtegeteisterde gebiede. Vanjaar wil hulle weer so maak en meer vroue bereik. Só vertel Corlize Luttig van ‘Die Anties bring weer hoop’. Sy noem hulle span het laasjaar 4 730km oor 21 dae afgelê en 13 dorpe besoek.  “In elke dorp

Elders gesien: Span uit Pretoria beplan tweede kunsklastoer in droeë gebiede Lees verder

Nuus
Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.