Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

J

NG Gemeente Langenhovenpark: Voltydse medeleraarspos

Vakature: Voltydse medeleraarspos In biddende afhanklikheid van die Here nooi die kerkraad gelegitimeerdes van die NG Kerk uit om vir hierdie leraarspos aansoek te doen. Sluitingsdatum: 9 Oktober 2026. Agtergrond: In die geloof dat die Here reeds weet wie Hy na die gemeente wil roep, stel ons nie ’n klomp voorvereistes nie. Die persoon wat […]

NG Gemeente Langenhovenpark: Voltydse medeleraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

Brief: Hoe lyk ‘n kerk waarin babatjies welkom is?

Rethie van Niekerk van Vanderbijlpark skryf: ‘n Kerkbode-foto van die onlangse Predikante SAAMkoms het my laat wonder: hoe lyk‘’n kerk waarin babatjies welkom is? Ons praat dikwels in die kerk hoe ons jongmense en families help om by die kerk tuis te kom. Ek wonder of dit nie begin by babatjies nie? Van die ergste

Brief: Hoe lyk ‘n kerk waarin babatjies welkom is? Lees verder

Briewe
Nelus Niemandt onhou: Ek het Johann Symington dikwels gehoor preek en menige keer ná die diens gevra: “Johann, kan ek asseblief ’n afskrif van daardie preek kry?” Dan sou hy die stukkie papier waarop hy gepreek het, vir my wys – soms net ’n paar notas op ’n klein velletjie papier. Die preek was in sy kop en in sy hart.

Huldeblyk aan Johann Symington: ’n Kerkman met verbeelding, warmte en ’n hart vir mense

Mense wat Johann Symington oor die jare in Johannesburg, Welgemoed, Tokio, Wellington en op talle ander plekke hoor preek het, sal die helder, deurdagte, menslike prediking onthou, skryf Nelus Niemandt.   Met ds Johann Symington se afsterwe vandeesweek het die NG Kerk een van sy mees oorspronklike, kreatiewe en hartlike kerkmanne verloor. Johann was predikant,

Huldeblyk aan Johann Symington: ’n Kerkman met verbeelding, warmte en ’n hart vir mense Lees verder

In Memoriam
Ds Johann Symington is ná ’n lang siekbed aan hartversaking oorlede, het sy jongste dogter Suna Symington op Dinsdag 8 September aan Kerkbode gesê. Foto: Verskaf

Johann Symington sterf: ‘Hy het ons geleer om die mooi raak te sien’

Johann Symington, die bekende predikant en skrywer wat op sy dag ondermeer ook TV-aanbieder en Kerkbode-redakteur was, is op 78 oorlede. Symington is ná ’n lang siekbed aan hartversaking oorlede, het sy jongste dogter Suna Symington op Dinsdag 8 September aan Kerkbode gesê. Sy vrou Hennie is in Maart vanjaar oorlede. Die egpaar was die

Johann Symington sterf: ‘Hy het ons geleer om die mooi raak te sien’ Lees verder

Nuus

NG Gemeente Reebok: Voltydse leraar

Vakature: Voltydse leraar In biddende afhanklikheid van die Here stel die kerkraad van die NG Kerk Reebok die vakature van voltydse leraar aan gelegitimeerdes van die NG Kerk met volle ampsbevoegdheid bekend. Gemeenteprofiel Reebok-gemeente in die Tuinroete het oor die afgelope aantal jare sterk gegroei en die lidmaattal staan tans op 180 dooplidmate en 1

NG Gemeente Reebok: Voltydse leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

Brief: Waar is die kind in ons morele gesprekke?

Julian Olivier van Groblersdal skryf: Ek is kwaad. En onder die woede lê verdriet. Ek was kwaad toe Charlie Kirk voor ’n gehoor van studente doodgeskiet is en die grafiese beeld wêreldwyd versprei is. Vir sommige was hy nie meer ’n mens, eggenoot en vader nie, maar bloot ’n politieke vyand. Lyk vir my menswaardigheid

Brief: Waar is die kind in ons morele gesprekke? Lees verder

Briewe
'Ons is in harte nog ’n volkskerk wat instinktief die vraag van “wie is my naaste?” beantwoord met wit Afrikaanssprekende," sê Schalk van Heerden in hierdie vraag-en-antwoord-onderhoud. Foto: Adriaan Labuschagne / Kerkbode

Nagedink oor SAAMkoms 2026: Wat staan in transformasie se pad?

“In elke lag ’n sug van pyn,” het Eugène Marais in die gedig Skoppensboer taal gegee aan die feit dat teenstrydighede tegelyk waar kan wees. Só was die PredikanteSAAMkoms in Augustus vanjaar. Enersyds was dit ’n kreatiewe en geestelik voedende viering waartydens ook Kerkbode waarneemwerk kon verrig en daaroor kon berig. Andersyds was dit ’n

Nagedink oor SAAMkoms 2026: Wat staan in transformasie se pad? Lees verder

Artikels

Durbanville-gemeente: Voltydse leraarspos

Vakature: Voltydse leraarspos Durbanville-gemeente het in 1826 ontstaan as ’n gemeente waar reisigers, wat op pad was na die Kaapse mark, langs die fontein kon ontspan, rus en aanbid. Amper 200 jaar later is die gemeente se visie om ’n oase te wees vir mense wat op ’n geloofsreis is en wat hier ’n ontmoeting

Durbanville-gemeente: Voltydse leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Augrabies: Voltydse leraar

Vakature: Voltydse leraar GEMEENTEPROFIEL: Die NG Kerk Augrabies is geleë in die dorp Augrabies langs die blink waters van die Oranjerivier in die Noord-Kaap. Die besonderse Augrabies-waterval Nasionale park is in die gemeente geleë. Die gemeente bestaan uit 278 belydende en 59 dooplidmate. Die gemeenskap bestaan hoofsaaklik uit intensiewe boerdery, soos uitvoerdruiwe, rosyntjies, sitrus, dadels

NG Gemeente Augrabies: Voltydse leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures
Tydens 'n groepsessie by die SAAMkoms het die gespreksleier deelnemers uitgenooi - uitgedaag selfs! - om op te staan en vir drie mense te gaan dankie sê. "Gaan sê dit vir iemand wat geloof, hoop en liefde weer in jou losgemaak het," het dr Nico Simpson die uitnodiging gestel. Foto: Adriaan Labuschagne.

‘Ek was daar’ | Storie-reeks oor SAAMkoms 2026: 7 dominees deel hul indrukke

“Dis opvallend hoeveel energie (hier) bestaan,” sê ds Marinus Theron in die video hieronder as deel van sy opsomming van wat hom sal bybly van die Predikante SAAMkoms (24-28 Augustus). Video: Tiaan Booyens en Aletta Simpson. Foto’s: Adriaan Labuschagne

‘Ek was daar’ | Storie-reeks oor SAAMkoms 2026: 7 dominees deel hul indrukke Lees verder

Artikels

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 04 September 2026)

Hierdie kennisgewings is op 04 September opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za BEROEP Ds D (Dylan) Allen van Bothaville na Lydenburg-Suid; ds HP (Ronel) Coertzen van Fouriesburg na Rustenburg Suid; dr SJ (Stephan) Strydom van Meyertonpark na Standerton-Suid; prop MJ (Tinus) van Reenen as diensleraar na Marquard. WES-KAAP BEDANKING Dr Elsie Petronella (Ronel) Meylahn van

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 04 September 2026) Lees verder

Amptelik

NG Gemeente Vorentoe: Voltydse leraar

Vakature: Voltydse leraar Die kerkraad wag in biddende afhanklikheid van die Here vir aansoeke vir die pos van leraar. Gemeenteprofiel: NG Gemeente Vorentoe is ’n plattelandse gemeente, ongeveer 12 km buite Brits in die Bosveld. Die gemeente bestaan uit 410 belydende lidmate en 129 dooplidmate, met ’n groot getal jong gesinne. Lidmate werk hoofsaaklik in

NG Gemeente Vorentoe: Voltydse leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

Elders gesien | Gemeentes genooi: ‘Kom bid vir Suid-Afrika gedurende 50 dae van voorbidding’

Die NG Kerk is genooi om deel te wees van ‘n interkerklike gebedsaksie. City Connect: 50 Gebedsdae nooi gemeentes, lidmate, gebedsgroepe, families en elke gelowige om saam op ’n 50-dae-gebedsreis te gaan ter voorbereiding op die 2026-plaaslike verkiesing, luidens ‘n verklaring vanuit die kantoor van die algemene sekretaris van die NG Kerk. Die gebedsreis strek van

Elders gesien | Gemeentes genooi: ‘Kom bid vir Suid-Afrika gedurende 50 dae van voorbidding’ Lees verder

Verklarings
My gebed is dat ons, as kerk, sal aanhou om sáám te sing, dat die melodieë wat hierdie week uit ons monde gekom het, sal aanhou weerklink regoor die land, en bowenal dat dit wat ons saamsing, ook gestalte sal kry in ons lewens, ook saam met en tot diens van ander wat nie hierdie week daar was nie, skryf Marnus Havenga.

‘Ek was daar’ | Storie-reeks oor SAAMkoms 2026: Marnus Havenga oor Augustinus en samesang

In die antieke wêreld het party denkers opgemerk dat daar ’n rede is waarom die woorde koor (choros; χορός) en vreugde (chara; χαρά), en selfs genade (charis; χάρις), so na aan mekaar is. Want, is daar gesê, om te sing – en veral om dit sáám met ander te doen – is ’n vreugdeshandeling. Dit spreek ook

‘Ek was daar’ | Storie-reeks oor SAAMkoms 2026: Marnus Havenga oor Augustinus en samesang Lees verder

Artikels
Ons is steeds te wit, te eksklusief en te veel aan die eenkant van ons samelewing. Ons dra ’n geskiedenis en bagasie wat ons nie kan ignoreer nie. Maar dit beteken nie dat daar nie ook merkwaardige stories van mense en gemeentes is wat besig is om dit anders te doen nie, skryf Ruan Nieuwenhuizen.

‘Ek was daar’ | Storie-reeks oor SAAMkoms 2026: Ruan Nieuwenhuizen van NG Somerset-Oos Gemeente

Ds Ruan Nieuwenhuizen NG Somerset-Oos Gemeente skryf: Ek deel een of twee belewenisse van die Predikante SAAMkoms (24-28 Augustus). “Die kerk is baie dinge, maar definitief nie dood nie.” Ek dink hierdie sin, deur ds Rudi Swanepoel, beskryf iets van my belewenis van die Predikante SAAMkoms. Want ja, die kerk is baie dinge. Ons is

‘Ek was daar’ | Storie-reeks oor SAAMkoms 2026: Ruan Nieuwenhuizen van NG Somerset-Oos Gemeente Lees verder

Artikels

Brief: Gemeentes bring praktiese ondersteuning aan vroue

Jampie Nel van NG Oostersee, Parow skryf: Augustusmaand is altyd Barmhartigheidsmaand in die Wes-Kaap sinode. Hierdie jaar het Diaconia, ‘n gesamentlike bediening met die VGK en NGK die volgende uitnodiging aan gemeentes gestuur: “Wat beteken ’n klein pakkie vir iemand in ’n krisis? Dalk meer as wat ons dink. Pockets of Purpose (POP), ’n gesamentlike

Brief: Gemeentes bring praktiese ondersteuning aan vroue Lees verder

Briewe
Vier nuwe kerkliedere is bekendgestel tydens die 2026 PredikanteSAAMkoms wat van 24 tot 28 Augustus by die Goudini-vakansieoord in die Boland gehou is. Dit kan op Bybel-Media se webblad afgelaai word. Foto: Le Roux Schoeman

Goudini: ‘Genade in die saamsing … en baie daarvan’

Die 2026 PredikanteSAAMkoms het honderde dominees en diensleraars genooi om te kom ontspan, saam te aanbid en te leer. Hoe het deelnemers dit ervaar? vra Heléne Meissenheimer. Die sanger Jo Black vertel hy het in kroeë begin musiek maak na hy gehoor het iemand maak na ’n kerkdiens die opmerking dat sy niks gevoel het

Goudini: ‘Genade in die saamsing … en baie daarvan’ Lees verder

Artikels
Op Vrydag 28 Augustus was Adri Vlok, Sutherland se boervrou-dominee, druk besig by die bedrywige vleistafel – ’n gewilde instelling by hulle gemeente se jaarlikse basaar saam met die NG Gemeente Stellenberg in Bellville. Sy en ander vertel hierdie manier van handevat werk. Foto’s: Heléne Meissenheimer

Basaargenade wat werk! Kaapse makrogemeente ontvang Karoo-gemeente wat skaapvleis, vriendskap en opblaasplanetarium saambring

Toe Sutherland en Stellenberg onlangs saam basaar hou, ontdek Heléne Meissenheimer ’n wen-wen manier van handevat tussen gemeentes. Op Vrydag 28 Augustus het lidmate van die NG Gemeente Sutherland met bakkievragte Karoo-skaapvleis, emmers vol koekies en ander produkte in Bellville kom basaar hou. Nog voor ds Adri Vlok se amen die verrigtinge om vieruur amptelik

Basaargenade wat werk! Kaapse makrogemeente ontvang Karoo-gemeente wat skaapvleis, vriendskap en opblaasplanetarium saambring Lees verder

Nuus

Dinkstof | Verstaan die Ou Testament: Die stilte waarin God nie vasgevang kan word nie

1 Konings 19 vertel die verhaal van Elia wat moet vlug voor Isebel, die koningin van Israel, wat hom graag wil doodmaak. In vers 9 kom hy by ʼn grot aan op berg Horeb en word met ʼn eenvoudige vraag deur God gekonfronteer: Wat maak jy hier? Elia se antwoord is effens oordrewe en beulblaserig:

Dinkstof | Verstaan die Ou Testament: Die stilte waarin God nie vasgevang kan word nie Lees verder

Verstaan die Bybel
Foto: Kerkbode-argief

Johan van der Merwe: Ons is eintlik almal immigrante

  Die March and March-veldtog wat afgeskop is teen onwettige immigrante in die land, het duisende mense ontwortel. Konvooie busse vol mense is onder polisiebewaking na grensposte begelei terwyl ander immigrante vir weke in motorhuise en pakkamers moes wegkruip. Boere sukkel omdat hulle skielik sonder arbeiders moet klaarkom, want die immigrante is weg en die

Johan van der Merwe: Ons is eintlik almal immigrante Lees verder

Dinkstof
Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.