Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Artikels

Hoewel daar tans steeds verskeie vraagstukke rondom die strukturele ondersteuning aan diensleraars en gemeentes bestaan, stel die data uit die 2025-vraelyste die kerk in staat om enkele gewaarwordinge oor moontlike toekomstige tendense te bepaal. Opvallend uit die data versamel deur die Algemene Bevoegdheidsraad, is daar in 2025 meer diensleraars as predikante gelegitimeer.

Diensleraars is geen ‘kortpad’ na die bediening nie

Data oor diensleraars weerlê aannames rondom dié nuwe baan van teologiese opleiding in ’n NG Kerk met ’n groot predikanttekort: Dit is geen kortpad nie … en nie beperk tot klein plattelandse gemeentes nie. Diensleraars, waarvan sowat 52% steeds ’n ander beroep saam met hulle bedieningsverantwoordelikhede beoefen, bring verskeie ontwikkelde gawes en diverse bevoegdhede na […]

Diensleraars is geen ‘kortpad’ na die bediening nie Lees verder

Artikels

Pelgrimstog van Hoop: Sewende roete op gewilde netwerk van staproetes kronkel deur die Baviaans

Nuwe (7de!) roete van Pelgrimstog van Hoop: Dis ‘n 10 dag-staproete van Jeffreysbaai via Baviaans tot op Uniondale … En die rooihoed-stappers in dié klein “verkenningspan” vorder mooi. In die videogreep hierbo vertel touleier Frederick Marais meer aan sy medestapper Hélene Meissenheimer. ** Lees oor die pelgrimstog se etos en roete-opsies by hierdie skakel: https://hopecamino.co.za/

Pelgrimstog van Hoop: Sewende roete op gewilde netwerk van staproetes kronkel deur die Baviaans Lees verder

Artikels

Malan Nel (86) sê wat dit vir hom beteken om leerbaar te bly en Jaco Strydom sê KI skep die behoefte aan rou, eerstehandse ervarings

By die Lentekonferensie hoor Le Roux Schoeman die storie agter hierdie leergeleentheid uit die mond van die 86-jarige stigter en luister na ’n dominee wat glo die kerk kan die eerlikste plek op aarde wees.   Isaac Mogale is doenig met ’n tuinslang in die beddings rondom NG Universiteitsoord se baksteenmure en voor die waenhuisagtige

Malan Nel (86) sê wat dit vir hom beteken om leerbaar te bly en Jaco Strydom sê KI skep die behoefte aan rou, eerstehandse ervarings Lees verder

Artikels
Volgens die 2015-dokumentêr The true cost verbruik die wêreld elke jaar ongeveer 80 miljard nuwe kledingstukke, 400% meer as die verbruik twintig jaar gelede. Die gemiddelde Amerikaner genereer nou amper 40 kg tekstielafval elke jaar. Foto: Creative Commons

Wat kitsmode aan ons planeet doen en watter alternatiewe daar vir jou as verbruiker bestaan

Wat kan ons as verbruikers doen om wal te gooi teen die vernietigende impak van “fast fashion”? Fay van Eeden berig.    Vir die hoeveelste maal vandag verskyn ’n SHEIN-advertensie op die skerm voor my. Ek dink aan die Franse wat vroeër die jaar ’n wet teen kitsmodes ingestem het. Die nuwe wetgewing is daarop

Wat kitsmode aan ons planeet doen en watter alternatiewe daar vir jou as verbruiker bestaan Lees verder

Artikels
Die goue draad wat regdeur die konferensie geloop het was ons geloofsbelydenis wat deur woord, beeld en daad oorgedra en uitgeleef word, skryf Annabelle Lombard.

Lentekonferensie 2025 | ‘Wat ek as lidmaat by ’n leergeleentheid vir dominees en teoloë geleer en ervaar het’

Tussen medegelowiges by ’n driedag “teologiese avontuur” in Pretoria besef Annabelle Lombard ’n paar dinge omtrent haar eie geloofstyl, vind sy herbevestiging in haar roeping en ervaar sy ’n buffer teen die pyn van verlies.   My eerste Lentekonferensie was ’n geskenk wat ek nog vir maande gaan ontsluit. Ek het dit as deel van

Lentekonferensie 2025 | ‘Wat ek as lidmaat by ’n leergeleentheid vir dominees en teoloë geleer en ervaar het’ Lees verder

Artikels
“Ongeveer 50% van persone wat gelegitimeer word in die NG Kerk is diensleraars.” So lei prof Cobus van Wyngaard, voorsitter van die Algemene Sinode Taakspan Navorsing, ’n onlangse gesprek oor tendense binne die NG Kerk in. Perspektief: In 2023 het 26 tradisionele dominees afgestudeer. Die ander groep van 29, was almal diensleraars. Hierdie vars statistiek wys dat die NG Kerk dit binne ’n tydperk van vyf jaar reggekry het om die getal beroepbare afgestudeerdes te verdubbel, berig Chris de Vries in die verslag hieronder. Foto: Le Roux Schoeman

Deel 1: Diepte-artikel: Hoe lyk die impak wat diensleraars op gemeentes en gemeenskappe het?

Gesonde gemeentes word deur spanne gelei en diensleraars en opgeleide lidmate (Bedienaars) het ’n groot bydrae om te lewer om meer gawes aan die kerk te ontsluit, soos ook onlangs in ’n verslag oor die daling in predikanteposte uitgewys word. Die verskynsel van “ampsverbreding” in die NG Kerk verwys na die opleiding van “predikante (wat

Deel 1: Diepte-artikel: Hoe lyk die impak wat diensleraars op gemeentes en gemeenskappe het? Lees verder

Artikels
Lizelle de Bruin het al diep spore in die mediawêreld getrap. Foto's: Verskaf

Jaco Strydom gesels met Lizelle de Bruin, die mens agter die RSG-stem

Lizelle de Bruin “bedien” tot 450 000 mense op ’n slag. Praat van ’n groot gemeente! Gewoonlik is sy aan die ander kant van die mikrofoon. Maar die keer kan ek die vrae vra. “Wat weet min mense van jou?” vra ek. “Ek het eers op 52 leer swem. En … ek weet nie of

Jaco Strydom gesels met Lizelle de Bruin, die mens agter die RSG-stem Lees verder

Artikels
’n Mens kom agter dat Esta Thompson met sagte oë na vroue soos Mara* kyk. Foto's: Heléne Meissenheimer | *Skuilnaam

Seeds of Hope se diens onder sekswerkers | Esta Thompson is ‘ma’ en ‘ouma’ is vir baie

Esta Thompson is op 66 die biologiese ma van twee en ouma van een, maar baie meer mense sê vir haar “ma” en “ouma”. By haar hoor Heléne Meissenheimer dat sagte oë vir randmense makliker volg as ’n mens self al seer en swaar geken het.   Esta lei ’n interkerklike groepie vrywilligers bekend as

Seeds of Hope se diens onder sekswerkers | Esta Thompson is ‘ma’ en ‘ouma’ is vir baie Lees verder

Artikels
Doodsberigte so dié was vir dekades 'n groot deel van Kerkbode se inhoudsaanbod. Maar mettertyd het ook die uitdrukking van rou en verlies na die digitale sfeer verskuif, berig Le Roux Schoeman. Foto's: Kerkbode-argief

In die media: Sterf doodsberigte uit? 

Hoe en hoe gereeld daar in Kerkbode oor dooies gepraat word, is deel van ’n veel groter mediastorie.   Nes die sportskrywer sit die skrywer van die doodsberig met die uitdaging om terselfdertyd met twee aparte gehore te praat. Naamlik dié wat óók die wedstryd gesien het / die oorledene geken (of ten minste van

In die media: Sterf doodsberigte uit?  Lees verder

Artikels
Kom kyk saam na die bekroonde dokumentêr Plastic People: The Hidden Crisis of Microplastics – ʼn onthutsende blik op ons wêreldwye afhanklikheid van plastiek en hoe mikroskopiese plastiekdeeltjies ons liggame en planeet indring, nooi ds Fay van Eeden. Sien die lys van landwye vertonings hieronder. Skermgreep: Verskaf

Taakspan Ekologie: Hier kan jy dokkie oor die gevare van plastiek te siene kry

As deel van ʼn inisiatief deur die Algemene Sinode se Taakspan Ekologie word die dokumentêr reg oor die land vertoon ter inleiding van die jaarlikse Seisoen van Skepping. Die film neem ons saam met joernalis Ziya Tong op ʼn persoonlike reis na die wetenskaplikes wat hierdie krisis bestudeer – en vra: Wat kan ons daaraan

Taakspan Ekologie: Hier kan jy dokkie oor die gevare van plastiek te siene kry Lees verder

Artikels
Daantjie Badenhorst vertel dat hy al op skool die idee van verhoudings laat vaar het omdat hy nie kon glo ’n vrou sal van hom kan hou nie. Toe ontmoet hy vir Yolanda ... . Foto: Verskaf

‘My vrou was die eerste mens wat my aanvaar het net soos ek is’ – Daantjie Dinamiet vertel van sy reis met outisme

Daantjie Badenhorst het Aspergersindroom, ’n vorm van outisme. Hy vertel sy storie want dit is vir hom belangrik dat mense beter ingelig word hieroor hoor Annabelle Lombard by die bekende Daantjie Dinamiet, kampioen van TV-reekse soos Noot vir Noot en Flinkdink. Dié broer van Johan Badenhorst van Voetspore-faam is al vir 17 jaar lidmaat by

‘My vrou was die eerste mens wat my aanvaar het net soos ek is’ – Daantjie Dinamiet vertel van sy reis met outisme Lees verder

Artikels
Deelnemers by die Slypskool vir Skrywers kry vandeesweek in Gauteng die geleentheid om ’n artikel te skryf wat navorsingsdata én menslike verhale verweef tot ’n nuuswaardige storie. Foto: Le Roux Schoeman

Slypskool vir Skrywers 2025: Hoe beïnvloed diensleraars die NG Kerk?

Tien mense. Drie dae. Tien stories wat saak maak … Dít is die belofte van die Slypskool vir skrywers wat vanjaar vir die vyfde keer in die hartjie van Gauteng aangebied word. Tien predikante van regoor die land het Dinsdag 2 September by die eMseni Christelike Sentrum in Benoni bymekaar gekom vir die vyfde Slypskool

Slypskool vir Skrywers 2025: Hoe beïnvloed diensleraars die NG Kerk? Lees verder

Artikels

Sorg in ’n knyptang: Hoe herstel ons Suid-Afrika se sorgsisteme?

Ons kan nie net by ’n welsynparadigma bly stilstaan waar instansies geld ontvang en dienste lewer nie. Hulle moet leer om onafhankliker en meer innoverend te werk, skryf Frederick Marais.   Ek het onlangs in die media gelees van ’n bejaarde wat by ’n ouetehuis geval en twee uur lank op die grond gelê het

Sorg in ’n knyptang: Hoe herstel ons Suid-Afrika se sorgsisteme? Lees verder

Artikels
Soos met die U2-konferensie verlede jaar was die vertrekpunt van die onlangse teologiese konferensie oor die musiek van Leonard Cohen die feit dat God se stem ook na ons toe kan kom in die vorm van die kunste.

Leonard Cohen as moderne psalmis verken en gevier

Net meer as ’n jaar gelede was dit die Ierse rockgroep U2 wat deur ’n teologiese bril bekyk, bepeins en beleef is tydens die Surrender VBO (Voortgesette Bedieningsopleiding) konferensie by die Andrew Murray Sentrum vir Spiritualiteit (AMSS) op Wellington. Reeds tóé het van die kursusgangers gepleit vir soortgelyke Dylan- en Cohen-geleenthede in die toekoms. Op

Leonard Cohen as moderne psalmis verken en gevier Lees verder

Artikels

Jaco Strydom gesels met Nico Smit, die dominee, terapeut en skrywer van Brakpan

Verbeel ek my of ervaar ’n al groter groep van my dominee-vriende deesdae ’n roeping van die Here Europa toe? Of na Kaapstad? En jy is reg, wie is ék om te oordeel. Ekself het al menigmaal gebid, Here stuur my asseblief na een of ander mooi plekkie in die berge of langs die see!

Jaco Strydom gesels met Nico Smit, die dominee, terapeut en skrywer van Brakpan Lees verder

Artikels

Lesersbydrae | Johann Sebastian Bach: Die hoëpriester van musiek

Johann Sebastian Bach is hierdie jaar 340 jaar gelede gebore. Sy musiek het op kerklike en godsienstige vlak ‘n baie groot invloed uitgeoefen, skryf Ruan du Plooy van Amsterdam gemeente, Mpumalanga in die omvattende lesersbydrae hieronder. “Bach se musiek was ten volle ontwikkel en alhoewel hy geen nuwe musiekvorms ontdek het nie, het hy die bestaande

Lesersbydrae | Johann Sebastian Bach: Die hoëpriester van musiek Lees verder

Artikels
Mai Shaer noem haar kunsuitstalling ‘The Violet dream’, want 'die kleur violet is ’n mengsel tussen blou wat staan vir vrede en vryheid en rooi wat staan vir oorlog en dood … dit vertel my mense se storie en hoe almal net daarna kyk' sê hierdie jong kunstenaar uit Gasa. Foto: Helene Meissenheimer

‘Kuns sal my gereedskap wees om Gasa se storie te vertel,’ sê vlugteling wat in die Kaap heenkome vind

Sestigduisend van haar landgenote in Gasa is al dood en nou dreig hongersnood … terwyl “die wêreld net toekyk”. Mai Elshaer sê dit is hoe dit vir haar voel. Dié 23-jarige het in November saam met haar ma en haar 10-jarige sussie via Egipte na Suid-Afrika gekom nadat sy ’n oorsese kunsnavorsingsgenootskap (fellowship) van die Ben

‘Kuns sal my gereedskap wees om Gasa se storie te vertel,’ sê vlugteling wat in die Kaap heenkome vind Lees verder

Artikels

Kerklike ondersoeke: Teorie, praktyk en persepsie 

Kerklike ondersoeke het te make met verantwoordbaarheid. Maar slaag dit telkens in hierdie strewe? Slaag dit ooit volkome in hierdie strewe?   Ds Attie Nel is ’n internasionaal geregistreerde mediator en was van 2016 tot Oktober 2023 lid van die Algemene Taakspan Regte. Hy het in November 2024 geëmeriteer nadat hy in twee gemeentes, Rustenburg-Bergsig

Kerklike ondersoeke: Teorie, praktyk en persepsie  Lees verder

Artikels
Wat beteken ’n ritueel of wat doen ’n ritueel? Of is rituele totaal en al nie-funksionele en betekenislose handelinge? ’n Verklaring waarvan ek hou lui baie eenvoudig soos volg: “Ritual is, first and foremost, a mode of paying attention.”

Cas Wepener: Rituele sê hokaai, wag ’n bietjie, weifel, gee aandag

Op 9 Augustus 1956 het ongeveer 20 000 vroue onder leiding van Lillian Ngoyi, Helen Joseph, Rahima Moosa en Sophia Williams na die Uniegebou gemarsjeer in protes teen die destydse paswette. Die vroue het, nadat hulle 14 000 petisies by die kantoor van die eersteminister gelaat het, vir dertig minute in stilte gestaan en toe

Cas Wepener: Rituele sê hokaai, wag ’n bietjie, weifel, gee aandag Lees verder

Artikels
Scroll to Top