Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

J

Hugenote Kollege vier in 2026 haar 75ste bestaansjaar as ’n hoëronderwysinstelling en om dit te gedenk, is teologiestudente van al die opleidingsentra wat NG predikante oplei gevra om die verhaal van hulle roeping te vertel. Hierdie skrywe deur Annelize Botes (foto) is deel van die reeks artikels wat Kerkbode publiseer. 

Reeks oor roepingsverhale | Annelize Botes: Tree vir tree in ritme met God se roeping

Mense het my vreemd aangekyk toe ek vertel dat ek op 45 weer gaan studeer, en boonop Teologie! Maar wanneer dit jou roeping is, maak ouderdom nie saak nie. Ek het lank genoeg Jona gespeel, vertel Annelize Botes. In 1995 het ek saam met drie vriendinne ’n jeugaksie by my tuisgemeente begin. Destyds het my […]

Reeks oor roepingsverhale | Annelize Botes: Tree vir tree in ritme met God se roeping Lees verder

Artikels Reekse

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Wat my gehelp het toe winterweer ons planne vir ’n gemeentefees in die wiele ry

Ek staan op my stoep met ’n koppie koffie in my hand. Dit is Saterdagoggend vroeg en wat ek sien, is ’n helderblou dag wat voorlê. Maar op my foon wys al die bronne dat die weer glad nie goed lyk nie. Ek begin in my kop vooruit dink. As ons die fees moet uitstel,

Tussenin | Zander van der Westhuizen: Wat my gehelp het toe winterweer ons planne vir ’n gemeentefees in die wiele ry Lees verder

Tussenin

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 14 Augustus 2026)

Hierdie kennisgewings is op 14 Augustus opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za BEROEP Ds J (John) Holtzausen van Klawer na Willowmore; ds G (Gideon) Lamprecht van Bethlehem-Panorama as PSD: Bedieningsbegeleiding, Vrystaat; ds DLHV (De la Harpe) le Roux van Tweetoringkerk (Bloemfontein) as PSD: Noord-Kaapland; prop R (Rudiger) van Huyssteen na Gansbaai. AANVAAR Prop R (Rudiger)

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 14 Augustus 2026) Lees verder

Amptelik
Heléne Meissenheimer besoek NG Gemeente Colesberg en ontdek 'n storie van 200 jaar van genade, gemeenskap en getrouheid. Foto's: Adriaan Labuschagne

Gemeente in die Karoo vier 200 jaar: Hoe lyk ‘Leef Jesus se liefde’ op Colesberg?

Wat maak ’n 200 jaar oue Karoo-gemeente anders? By die NG Gemeente Colesberg lyk dit asof die antwoord vir baie lidmate lê in hulle gemeente se leuse: “Leef Jesus se liefde”. Dr Christo Herbst is nou drie jaar en 11 maande deel van hierdie gemeente. Hy verduidelik dit so: “Hoewel eredienste steeds die fokuspunt bly

Gemeente in die Karoo vier 200 jaar: Hoe lyk ‘Leef Jesus se liefde’ op Colesberg? Lees verder

Artikels

NG Gemeente Ellisras-Wes: Voltydse leraar

Die kerkraad van NG Ellisras-Wes wag in afhanklikheid aansoeke in vir die onderstaande pos. Vakature: Voltydse leraar Sluitingsdatum: 15 September 2026. Gemeenteprofiel: Die NG Gemeente Ellisras-Wes (Weskerk) is geleë in Onverwacht, Ellisras (Lephalale), in die hartjie van die Bosveld. Ons is ’n lewendige, hartlike gemeente wat nie net wil “kerk toe gaan” nie, maar werklik

NG Gemeente Ellisras-Wes: Voltydse leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures

NG Gemeente Waterbron: Leraar vastetermynpos (drie jaar)

Vakature: Leraar vastetermynpos van drie jaar Emeriti (onder 70 jaar) sal voorkeur geniet Sluitingsdatum vir aansoeke: Maandag 14 September 2026. Diensaanvaarding: Maandag 1 Februarie 2027. Die kerkraad van die NG Gemeente Waterbron stel graag die bogenoemde pos bekend. Ligging en gemeenteprofiel: Die gemeente is ongeveer 12 km buite Bloemfontein geleë en vier vanjaar sy 92ste

NG Gemeente Waterbron: Leraar vastetermynpos (drie jaar) Lees verder

Afgehandelde vakatures

Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie Gemeente: Voltydse leraar (of diensleraar)

Voltydse leraar (of diensleraar) vir jeugbediening Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie is ’n voorstedelike makrogemeente in Centurion, Gauteng, wat al die gemeenskap vir meer as 40 jaar bedien. Ons is ’n geloofsfamilie wat saam Christus ontdek en leef. Ons is deur die Gees oortuig om biddend en met ons Godstories alle mense met liefde te bedien.

Pierre van Ryneveld Geloofsfamilie Gemeente: Voltydse leraar (of diensleraar) Lees verder

Afgehandelde vakatures
Fay van Eeden deel haar wenke vir plastiekvermindering: Ons het ons skottelgoedsponse en -lappies vervang met produkte wat van hemp, bamboes en hout gemaak is. Ons het ook ons eie skoonmaakmiddels en skottelgoedmasjien-seepblokkies gemaak. Ons het verbasend baie resepte op die internet gevind. Hier lê nog vir ons werk voor. Foto: Verskaf

Omgewing: Toe word ons gróót doelwit vir plastiekvry-leef ’n uitdagende avontuur

Miljoene mense neem jaarliks aan Plastiekvrye Julie deel deur “nee” te sê vir enkelgebruik-plastiek. Vanjaar het Fay van Eeden en haar gesin vir hulleself die uitdaging gestel om heeltemal plastiekvry te leef. En wat ’n uitdaging was dit nie!   Ons het aan die begin van die maand vyf doelwitte gestel en nou aan die

Omgewing: Toe word ons gróót doelwit vir plastiekvry-leef ’n uitdagende avontuur Lees verder

Artikels

Elders gesien | Hugenote Kollege bied aanlyn inligtingsessie (3 en 17 Sept) vir voornemende Bedienaars in die NG Kerk 

Hugenote Kollege berig onlangs as volg: Het jy ’n roeping, maar kon nooit daardie roeping ten volle uitleef nie? Of het jy dalk ’n passie, iets of iemand wie die Here op jou hart lê, maar jy is nie seker waar om te begin nie? Sien jy dalk ’n uitdaging of ’n geleentheid in jou

Elders gesien | Hugenote Kollege bied aanlyn inligtingsessie (3 en 17 Sept) vir voornemende Bedienaars in die NG Kerk  Lees verder

Nuus
Een van die praktyke wat wêreldwyd met Pat Keifert (regs) se werk verbind word, is 'Wandel in die Woord'. In ons konteks dikwels bekend as ’n luisterende omgang met die Woord. Dit het iets kernagtig van Pat se teologie beliggaam: die kerk se roeping begin nie by ons planne en strategieë nie, maar by luister – na God, na die Skrif, na mekaar en na die mense en gemeenskappe waarheen God ons stuur. Foto: Verskaf.

Huldeblyk aan Patrick R Keifert: ’n Teoloog wat die kerk geleer het om te luister

Pat Keifert se nalatenskap leef voort in gemeentes wat begin vra het, “Waar is God reeds aan die werk – en hoe word ons genooi om daarby aan te sluit?” skryf Frederick Marais en Nelus Niemandt.   Met die afsterwe van prof. Patrick R. Keifert op 6 Augustus 2026 het die wêreldwye kerk een van

Huldeblyk aan Patrick R Keifert: ’n Teoloog wat die kerk geleer het om te luister Lees verder

In Memoriam

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 7 Augustus 2026)

Hierdie kennisgewings is op 7 Augustus opgedateer. Stuur Amptelike Nuus na kerkbode@tydskrifte.co.za BEROEP Dr P (Pieter) Kruger van Witfield na NG Kerk Sinode Hoëveld as algemene kantoorbestuurder. AANVAAR Ds N (Nadine) Bronkhorst van Rustenburg-Bergsig na George. WES-KAAPLAND AANVAAR  Ds Nadine Bronkhorst van Rustenburg-Bergsig het die beroep na die NG Moedergemeente George aanvaar. Bevestiging vind plaas

Leraars beweeg (Amptelike nuus – 7 Augustus 2026) Lees verder

Amptelik

NG Kerk Worcester-Vallei: Voltydse leraar

Voltydse leraar Sluitingsdatum: 28 Augustus 2026. Die NG Kerk Worcester-Vallei stel in biddende afhanklikheid ’n vakature bekend vir ’n voltydse leraar (posvlak 1 tot 5) met ’n fokus op die jeug- en familiebediening. Enige gelegitimeerde leraar asook finalejaar student wat aan die einde van 2026 gelegitimeer gaan word, is welkom om aansoek te doen. Gemeenteprofiel

NG Kerk Worcester-Vallei: Voltydse leraar Lees verder

Afgehandelde vakatures
Ds Janke Hurter is jeugleraar by NG Berg-en-Dal in Bloemfontein. Sy was een van die deelnemers by vanjaar se skryfslypskool (28-30 Julie) onder leiding van Kerkbode en die NG Kerk se Taakspan Navorsing. Hierdie skrywe is deel van 'n reeks wat insigte uit die jongste navorsing ontgin.

Kerkspieël 2026: Is die NG Kerk besig om jongmense vir die kerk te vorm, maar nie vir die wêreld nie?

Hoe vorm ’n geloofsgemeenskap jongmense in ’n wêreld wat vra na ekumene en ‘n sensitiwiteit vir ons unieke Afrikakonteks? vra Janke Hurter. As jy hoor dat daar van 2022 tot 2026 ’n groei was in die wyse waarop die NG Kerk oor die algemeen haar kategesetyd bestee het om kennis oor die Bybel en geloof

Kerkspieël 2026: Is die NG Kerk besig om jongmense vir die kerk te vorm, maar nie vir die wêreld nie? Lees verder

Artikels
Ons vra hoe ons relevant kan bly, miskien behoort ons eerder te vra of ons nog herkenbaar is as volgelinge van Jesus, skryf Johan Botes.

Kerkspieël 2026: Hoekom ek ongemaklik wil bly met die taal van bemarking en besigheid

Ek is meer bekommerd dat ons puik inhoudskeppers en handelsmerkbestuurders word, maar vergeet het hoe om voete te was, skryf Johan Botes op grond van die jongste Kerkspieëldata.   Daar is ’n sekere woordeskat wat my fisies en geestelik uitput. Sodra iemand begin praat oor die kerk se “branding” of bemarking of bestuur kriewel my

Kerkspieël 2026: Hoekom ek ongemaklik wil bly met die taal van bemarking en besigheid Lees verder

Artikels
Ds Gawie Gouws is ’n leraar by NG Kerk Swellendam. Hy was een van die deelnemers by vanjaar se skryfslypskool (28-30 Julie) onder leiding van Kerkbode en die NG Kerk se Taakspan Navorsing. Hierdie skrywe is deel van 'n reeks wat insigte uit die jongste navorsing ontgin.

Kerkspieël 2026: Gemeentes trek weer laer, maar maak nie mure hoër …

Nuwe navorsing oor die gemeentes van die NG Kerk wys tekens van “laer trek”, maar Gawie Gouws bespeur iets verrassend daarin.   In ’n kwantitatiewe studie onder gemeentelike leierskap, Kerkspieël, wat vir die eerste keer weer in vier jaar verskyn, skep tot twee derdes van NG gemeentes die vermoede dat hulle weer laer trek …

Kerkspieël 2026: Gemeentes trek weer laer, maar maak nie mure hoër … Lees verder

Artikels
Ds Johan Botes is ’n leraar by NG Kerk Hermanus. Hy was een van die deelnemers by vanjaar se skryfslypskool (28-30 Julie) onder leiding van Kerkbode en die NG Kerk se Taakspan Navorsing. Hierdie skrywe is deel van 'n reeks wat insigte uit die jongste navorsing ontgin.

Kerknavorsing oor ruimtes vir konneksie: Cheers, Bybel-en-Bier … Hello Koffiekroeg?

Baie van ons het grootgeword in ’n era van ’n “koffiekroeg-jeugbediening” wat die jeug weg gehou het van die gevare van die straat of die kroeg. Vandag moet ons daardie idee herbesoek – met ’n nuwe ingesteldheid, skryf Johan Botes.   Die kerk en die kroeg het nog altyd ’n ingewikkelde verhouding gehad. Die kerk

Kerknavorsing oor ruimtes vir konneksie: Cheers, Bybel-en-Bier … Hello Koffiekroeg? Lees verder

Artikels

Publieke getuienis | Anton Knoetze: Die kerk is ’n stad wat op ’n berg is

Die diepgaande institusionele krisis wat deur die Madlanga-kommissie blootgelê word, bring spesifieke praktiese en morele uitdagings vir Christene en die kerk, skryf Anton Knoetze.   Die Madlanga-ondersoekkommissie is in die lewe geroep ná skokkende bewerings dat georganiseerde misdaadsindikate, dwelmkartelle en politieke inmenging die land se wetstoepassing geïnfiltreer het. Die gereelde onthullings wat hieruit na vore

Publieke getuienis | Anton Knoetze: Die kerk is ’n stad wat op ’n berg is Lees verder

Rubrieke
Ds Riaan de Villiers is ’n leraar by Groote Kerk in Kaapstad. Hy was een van die deelnemers by vanjaar se skryfslypskool (28-30 Julie) onder leiding van Kerkbode en die NG Kerk se Taakspan Navorsing. Hierdie skrywe is deel van 'n reeks wat insigte uit die jongste navorsing ontgin.

Wat Kerkspieël nie kan meet nie

Die jongste Kerkspieëldata van 2026 is nóg ’n stel statistiek waarmee ons gekonfronteer word en sou waarskynlik baie vrae kon ontlok, en interpretasies kon oplewer, oor die rigting waarheen die NG Kerk in Suid Afrika neig. Ons word daagliks gebombardeer met kommerwekkende statistiek in ons land wat dikwels ons persepsie van ’n toename in die

Wat Kerkspieël nie kan meet nie Lees verder

Artikels
durbanville gemeente 200
Die NG Kerk Durbanville Moedergemeente vier vanjaar 200 bestaansjare ondermeer met ’n feesboek en video wat hierdie Kaapse gemeente se storie vanaf ossewa tot Fortuner-dae vertel. Joernalis Lizelle de Bruin en dr Andrew Kok het tydens die bekendstelling vertel hoe ’n moeilike proses hierdie projekte was. Foto's: Wilmi Wheeler, KaapKerk

Durbanville se ‘moeder’ word 200 | Mikrogeskiedenis van makrogemeente knap vertel

Op Saterdagaand 1 Augustus is ’n feesboek en video bekend gestel wat op knap wyse ’n voorstedelike Kaapse gemeente se storie vanaf ossewa tot Fortuner-dae oor 200 jaar vertel.   Die NG Kerk Durbanville is die 16de gemeente in die NG Kerk om die 200-jaar kerf te haal en die 11de in die streeksinode van

Durbanville se ‘moeder’ word 200 | Mikrogeskiedenis van makrogemeente knap vertel Lees verder

Nuus
Dr Gerdrie van der Merwe lewer histories kosbare lewensketse oor predikante van die NG Kerk. Maar tientalle gemeentes sal hom ook ken as gemeenteboekskrywer. Foto: Le Roux Schoeman

Só skryf mens ’n goeie doodsberig, vertel Gerdrie van der Merwe: ‘Jy moet in die persoon se bloedstroom kom’

Ek wou as Kerkbode-redakteur reeds in 2023 meer oor dr Gerdrie van der Merwe gaan uitvind. Wie is hierdie man uit wie se pen daar aan die einde van elke jaar ’n gerf goed nagevorsde en beheersd geskrewe doodsberigte van leraars vloei? Ek het hom op Trompsburg gaan besoek en ‘n onderhoud gevoer oor als

Só skryf mens ’n goeie doodsberig, vertel Gerdrie van der Merwe: ‘Jy moet in die persoon se bloedstroom kom’ Lees verder

Artikels

NG Kerk Lyttelton-Noord: Voltydse leraarspos

Vakature: Voltydse leraarspos Gemeenteprofiel: Die NG Kerk Lyttelton-Noord (Omgeekerk) stel in biddende afhanlikheid ’n vakature bekend vir ’n voltydse leraar met ’n fokus op die bediening van senior lidmate, gemeentegroei en die insluiting van jong gesinne. Ons visie: ’n Biddende Omgeekerk wat Jesus in alles volg, en daarna streef dat almal onder leiding van die

NG Kerk Lyttelton-Noord: Voltydse leraarspos Lees verder

Afgehandelde vakatures

‘New stability’ could await DRC, says survey oozing caution

The Dutch Reformed Church (DRC) might be recovering from the nosedive that at one point saw this 374 year old denomination having to close permanent positions for ministers at a rate of roughly 50 per year. “From 2015 to 2022 I think we lost nearly 33% of permanent positions,” says dr Lourens Bosman, a member

‘New stability’ could await DRC, says survey oozing caution Lees verder

Artikels
Scroll to Top
Your Image Your Image Your Image

Die Kerkbode-toepassing (app) is beskikbaar op jou selfoon. Installeer dit vandag nog.