Kerkbode

Kopiereg © Kerkbode 2026

Rubrieke

Foto: Le Roux Schoeman

‘God het mens geword, waarlik méns’

Dié Woord word Vléés! In dié tyd het dit waarmee Johannes begin my al dikwels laat dink. Die Woord het mens geword, letterlik, vlees geword. Dit is weens hierdie menswording, dat in die Christelike tradisie mens, néé vléés, voorop staan. Dat God mens word, beteken dat God wóú wys wie God is, was en sal

‘God het mens geword, waarlik méns’ Lees verder

Rubrieke
Tonele van protes en konflik in Suid-Afrika is maar al te bekend. Maar hoe lyk ware versoening? "Daar is ’n groep mense in die kerk se geskiedenis wat die punt illustreer dat dit goed is om ook die slegte met die oog op die toekoms te onthou," skryf Cas Wepener. Foto: Le Roux Schoeman

Versoeningsdag: Neem uit die verlede ook wat sleg is

“Neem uit die verlede alles wat goed en edel is, en bou daarop die toekoms.” Hierdie wysheid toegedig aan Paul Kruger duik klokslag in artikels rondom Versoeningsdag (16 Desember) op. Hierdie soort wysheid laat mense nóg meer selektief omgaan met presies wat uit die geskiedenis onthou word en wat liefs vergeet word, as wat reeds

Versoeningsdag: Neem uit die verlede ook wat sleg is Lees verder

Rubrieke
Foto verskaf deur Getuienisaksie.

Die jong stemme in ons NG Kerk is goeie nuus

Dit was tydens die NG Kerk Sinodesitting (Wes-Kaapland) vroeër vanjaar in Goudini dat ek bewus geraak het van ‘n vars briesie in ons midde – jong stemme met ‘n innoverende en vreesloos-introspektiewe uitkyk op die impak wat hulle as jong predikante op hul gemeenskappe kan maak. ‘n Formele taakspan, Ras en Versoening, as deel van

Die jong stemme in ons NG Kerk is goeie nuus Lees verder

Rubrieke

Toe nooi ons Schalk om met die studente te praat

“Na hoeveel vloekwoorde begin die NG Kerk uitstap?” Net twee mense het nie ge­bly om te hoor wat die komediant Schalk Bezuidenhout te sê het nie. Hy dra ’n corduroy-broek en ’n Spring­bok-trui. My polisieman-oupa sou jaloers ge­wees het op sy snor, maar sou beslis ge­frons het oor sy deurmekaar bos krulle. “Wat kan ons

Toe nooi ons Schalk om met die studente te praat Lees verder

Nuwe stemme

Genade is ’n baarmoedergevoel

Ons glo in Jesus Christus, wat ont­vang of gebore is uit Gods baarmoeder. Só bely ’n sewende eeuse konsilie – die Konsilie van Toledo. Dit is opvallend dat die Latynse teks ([D]e patris utero … filius genitus vel natus) Christus se vleeswording of koms na die wêreld aan die hand van baarmoedertaal beskryf. Die geloofsgrammatika

Genade is ’n baarmoedergevoel Lees verder

Nadia Marais

Om ruimte te skep

In 2011 het die dominee ’n break gevat. “In so ’n ander konteks kom diep dink los,” verduidelik sy onlangs. In die daaropvolgende jaar – na harde werk tydens langverlof – het dr Marina Strydom se voorbereiding gestalte gekry as konsepprogram wat gelowiges ’n ge­leentheid bied “om te groei op ’n dieper pad met God”.

Om ruimte te skep Lees verder

Redakteursbrief
Dana Snyman. Foto: Adrian de Kock

Die jaar toe juffrou Connie siek was

Wou Boetie daardie aand iets vir ons probeer sê? Dalk. Dit was in Desember en ek was ’n kind en dit was die jaarlikse Kerssangdiens in die kerk op ons dorp. Pa, die predikant op die dorp, het op sulke aande nie gepreek nie. Hy het net gedeeltes uit die Bybel voorgelees – meest­al uit

Die jaar toe juffrou Connie siek was Lees verder

Aktueel Rubrieke

Bokke se leuse geld net so vir die kerk: Stronger together

Daar is min dae in die geskiedenis van ’n land dat die hele bevolking in ’n staat van euforie verkeer. Die Rugby Wêreldbekereindstryd in Japan het vir só ’n dag gesorg. Die Springbokke het die wêreldbeker teen Engeland gewen. Gewen teen alle verwagtinge in. Die wen het Suid-Afrikaners vir ’n paar uur van al hulle

Bokke se leuse geld net so vir die kerk: Stronger together Lees verder

Nuwe stemme
Gemeentelede van die Paarl Strooidakkerk en Williston by die basaar. Foto: Muller Oosthuizen

’n Pad van 16 jaar vir geloofsgemeenskappe

Die vlae sagte reën op 25 en 26 Ok­tober 2019 op die Paarl Klub se krieketvelde was in skrille kontras met die versengende hitte van 2018 (42°C) en die verskriklike droogte wat die grootste deel van Suid-Afrika tans in sy greep het. Tog was die reën (vir die Willistyne) tekenend van die versorging van God

’n Pad van 16 jaar vir geloofsgemeenskappe Lees verder

Rubrieke

Kuns wat skok

In die laaste week of twee het ’n vuurwarm herrie rondom die kuns­portefeulje van ’n matriek­leerling aan ’n Christelike privaatskool in KwaZulu-Natal ontstaan. Wat veronderstel was om deel uit te maak van ’n uitstalling van die werk van matriekleerlinge by die skool se prysuitdelingsgeleentheid het viraal gegaan toe die ontstoke pa van ’n ander leerling

Kuns wat skok Lees verder

André Bartlertt
Foto verskaf

Dana onthou: Ma. Saam met mev Betsie Verwoerd, nogal

Hier staan julle met julle kerkhoede op, Ma. Saam met mev Betsie Verwoerd, nogal. Die eer­ste minister, dr HF Verwoerd, se vrou. In 1965. Of was dit in ’64? Ek is nie seker nie. Lizette Murray het die foto onlangs vir my gestuur. Haar ma, tannie Nelie Vlotman, is ook op die foto. Tannie Nelie

Dana onthou: Ma. Saam met mev Betsie Verwoerd, nogal Lees verder

Dana Snyman Rubrieke

Nog ’n rede hoekom 2020 nie gou genoeg kan kom

Een van die belangrikste besluite van die pas afgelope sitting van die Algemene Sinode was om 2020 as Jaar van die Bybel te vier. Dit sal saamval met die amptelike ingebruikneming van ‘n nuwe Afrikaanse vertaling van die Bybel – miskien ook die laaste! Die strewe na ’n Bybel in Afrikaans het reeds in Augustus

Nog ’n rede hoekom 2020 nie gou genoeg kan kom Lees verder

Johan van der Merwe Video

Grantleigh: Vier lesse uit kunskontroversie by skool

Toe ’n gemeentelid verlede Maandag-aand die video van pastoor Andrew Anderson oor die kunswerk van ’n Gr.12-leerling van Grantleigh skool, net buite Richardsbaai, vir my aanstuur, was ek onmiddellik bitterlik onsteld. Met geen konteks, en gesien deur die oë van die pastoor, was ek geskok oor die feit dat ’n leerling van die skool waar

Grantleigh: Vier lesse uit kunskontroversie by skool Lees verder

Op die kerkstoep

Opi Stoep is álmal welkom

Dis Dinsdag 10 September, ’n heerlike lente-aand in die strate van Pretoria net so kort voor die Jakarandas begin blom. Normaalweg is Heroldstraat, tussen Tukkies se hoofkampus en NG Universiteitsoord, stil in die aande. Maar nie vanaand nie. Vanaand is daar ’n “vibe”. Vanaand is die straat vol mense, oud en jonk van alle rasse.

Opi Stoep is álmal welkom Lees verder

Nuwe stemme Rubrieke
Scroll to Top